Of jy nou 'n eiendom koop of een verkoop, is dit belangrik dat jy jou finansieel moet voorberei en beplan. Stel gerus ’n kontantvloeiplan op, voordat jy jou tot ‘n transaksie verbind, sodat jy weet wat jy moet betaal en wanneer. Jy wil nie verras word met onverwagte uitgawes as jy nog nie finansieel gereed is daarvoor nie.

Wie moet wat betaal?

Ons behandel eers ‘n lys van die mees algemene koste en uitgawes wat deur kopers betaalbaar is, en dan kyk ons ook na die verpligtinge wat deur verkopers betaalbaar is. Jy kan sien wat op jou van toepassing is en jy kan jou finansies daarvolgens beplan.
 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Julie 2022 NUUSBRIEF
Koop en verkoop van eiendom: hoe word die kostes tussen die partye verdeel?

Of jy nou 'n eiendom koop of een verkoop, is dit belangrik dat jy jou finansieel moet voorberei en beplan. Stel gerus ’n kontantvloeiplan op, voordat jy jou tot ‘n transaksie verbind, sodat jy weet wat jy moet betaal en wanneer. Jy wil nie verras word met onverwagte uitgawes as jy nog nie finansieel gereed is daarvoor nie.

Wie moet wat betaal?

Ons behandel eers ‘n lys van die mees algemene koste en uitgawes wat deur kopers betaalbaar is, en dan kyk ons ook na die verpligtinge wat deur verkopers betaalbaar is. Jy kan sien wat op jou van toepassing is en jy kan jou finansies daarvolgens beplan.
lees meer


Wat gebeur na Egskeiding met ‘n Trust: Is jy vas met jou gewese eggenoot as mede-trustee?
ArticleImage

Egskeiding kan 'n duur en traumatiese proses wees. As jy en jou gewese eggenoot na jul egskeiding steeds mede-trustees van jul gesinstrusts is, mag jy jou dalk binnekort in ‘n onhoudbare situasie bevind.

In 'n egskeiding wat onlangs in die hooggeregshof aangehoor is, het die voormalige gades beide aansoek gedoen om die ander een as trustee van die trusts te laat verwyder. In die uitspraak het die hof gehandel met 'n trustee se pligte, of 'n trustee onpartydig moet wees, en ook die gronde waarop ‘n hof 'n trustee sal verwyder.

Ons sluit af met advies oor hoe om die situasie waarin hierdie gewese eggenote verkeer het, te vermy.
   
lees meer
Deeltitel en die Regspersoon: Gedwonge toegang tot eenhede en besluite wat ingevolge opvolgende resolusie gemagtig word.
ArticleImage

Die Regspersoon van ‘n deeltitelkompleks, probeer om die deeltitelskema behoorlik te bestuur. ‘n Weerstandige eienaar weier om toegang tot sy eenheid aan die regspersoon te gee, wat probeer om 'n waterlekkasie in die skema op te spoor.

Ons kyk na hierdie geval wat onlangs in die hooggeregshof aangehoor en bereg is.

Hier het die eienaar van die betrokke eenheid eers op die laaste oomblik die nodige toegang aan die regspersoon verleen. Die eienaar het sy aanspreeklikheid vir die aangaan van die regspersoon se regsonkostes probeer ontduik, deur die geldigheid van die regspersoon se resolusie aan te val, wat opeenvolgend deur die onderskeie trustees goedgekeur is (“round robin”).

Die hof eindig ook met 'n sinvolle vermaning om eerder die Gemeenskapskema se Ombuddiens te nader met hierdie tipe dispute, as om hierdie sake in die Hooggeregshof te wil litigeer. 

   
lees meer
Mondelinge ooreenkomste – Nie te veel goed nie, maar dit kan baie vinnig sleg en lelik raak.
ArticleImage

Dit bly ‘n hardnekkige mite dat jy in Suid-Afrika nie aan 'n mondelinge ooreenkoms gehou kan word nie. In werklikheid is die teenoorgestelde waar. Daar is ‘n paar uitsonderings, maar in beginsel is mondelinge ooreenkomste ten volle geldig en afdwingbaar. Kontrakte hoef dus, met enkele uitsonderings na, nie neergeskryf en onderteken te word om geldig en afdwingbaar te wees nie.

Ons kyk na daardie beperkte klas van mondelinge ooreenkomste wat nie bindend sal wees nie. Ons beklemtoon dat jy altyd versigtig moet wees as jy mondelings tot ‘n ooreenkoms wil instem. Ons hanteer vier baie goeie redes waarom jy eerder ‘n “mondelinge kontrak” moet vermy.

Ons sluit af deur te kyk na elektroniese kontraktering - 'n scenario wat beide risiko's en voordele inhou.
   
lees meer
Webwerf van die Maand: Moenie dat hibriede werk jou maatskappy se kultuur vernietig nie!
ArticleImage

Die aanvanklike beperkings wat die pandemie meegebring het, word toenemend om ons opgehef en afgestel. Besighede het regoor die wêreld aangepas en werkers het toenemend virtueel begin werk. Nou moet die besighede besluit hoe hulle die toekoms gaan hanteer. Kom almal terug kantoor toe of gaan almal steeds virtueel hul dienste verrig. 'n Toenemende aantal besighede en professionele mense kies vir een of ander hibriede model. Dit hou ooglopende voordele in, maar dit bring ook groot uitdagings mee.

Een van hierdie uitdagings is die risiko om 'n samebindende maatskappykultuur, wat dalk oor jare en selfs oor dekades van saamwerk en gedeelde werksomgewings opgebou is, te verloor.

Lees gerus PwC se voorstelle hieroor “Three ways to prevent hybrid work from breaking your company culture” hier vir 'n paar idees om hierdie risiko te verlaag.

   
belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews