Die onlangse uitspraak in die Hoogste Hof van Appèl beklemtoon weereens hoe belangrik dit is dat ooreenkomste en reëlings oor eiendom so volledig moontlik op skrif gestel moet word.
 
Twee bure vat mekaar aan: Die uitsig oor die see en die sogenaamde serwituut.
  • Twee aanliggende huise in Bantry Bay in Kaapstad bied elkeen asemrowende uitsigte oor die see. Die eksklusiewe uitsigte het ook wesentlik tot die waarde van die eiendomme bygedra. 

  • Die bure se twis het begin toe A – wie se erf voor die erf van B geleë is – met bouwerk begin het, sonder dat hy munisipale goedkeuring verkry het.  Die bouwerk was ook in stryd met beperkende titelvoorwaardes en in stryd met soneringsvoorskrifte. 
  •  . . .

 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Augustus 2014 NUUSBRIEF
‘n Uitsig Oor Die See
Die onlangse uitspraak in die Hoogste Hof van Appèl beklemtoon weereens hoe belangrik dit is dat ooreenkomste en reëlings oor eiendom so volledig moontlik op skrif gestel moet word.
 
Twee bure vat mekaar aan: Die uitsig oor die see en die sogenaamde serwituut.
  • Twee aanliggende huise in Bantry Bay in Kaapstad bied elkeen asemrowende uitsigte oor die see. Die eksklusiewe uitsigte het ook wesentlik tot die waarde van die eiendomme bygedra. 

  • Die bure se twis het begin toe A – wie se erf voor die erf van B geleë is – met bouwerk begin het, sonder dat hy munisipale goedkeuring verkry het.  Die bouwerk was ook in stryd met beperkende titelvoorwaardes en in stryd met soneringsvoorskrifte. 
  •  . . .

lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Direkteure: Jou Risiko Van Persoonlike Aanspreeklikheid Vir Bydraes Tot Werknemers se Pensioenfonds
ArticleImage “Corporation: An ingenious device for obtaining individual profit without individual responsibility.” (P.T. Barnum)

Dit gebeur dikwels dat wanneer ‘n maatskappy in besigheidsredding geplaas word of gelikwideer word, dit aan die lig kom presies hoeveel druk daar op die kontantvloei van die entiteit was. Dan kom dit ook dikwels uit dat die werknemers se pensioenfondsbydraes (en dikwels ook belastingbydraes) wel van hul salarisse afgetrek was, maar dat die werkgewer dit nooit aan die pensioenfonds oorbetaal het nie. Die werknemers word uiteraard benadeel en hul pensioenvoordele word so op risiko geplaas.  
 
Indien die werkgewer ‘n maatskappy of soortgelyke entiteit was, het die werknemers nie geredelik enige eis teen die bestuur of direksie van die maatskappy gehad nie. Hul eis was dus teen die sinkende maatskappy as die werkgewer, met ‘n beperkte vooruitsig om enige verhaling te bewerkstellig.

Die landskap het egter nou met nuwe wetgewing drasties verander. Direkteure (en besluitnemers in ander entiteite) kan  . . .
   
lees meer
Die Werkgewer En Leuen-Verklikkertoetse
ArticleImage “…..the respectability of polygraph evidence, at best, remains an open question” (aldus ‘n onlangse uitspraak van die Arbeidsappèlhof hieronder).

Daar is dikwels onduidelikheid oor die toelaatbaarheid en gebruik van leuen-verklikkertoetse (poligraaf) by dissiplinêre ondersoeke en by onderhoude waar werknemers vir bevordering oorweeg word.

Dit lyk of ons howe bereid is om getuienis oor leuen-verklikkertoetse in ‘n mindere mate in ag te neem, maar met die volgende voorbehoude . . .
   
lees meer
2014 se Belastingsperdatums
ArticleImage Die belastingseisoen vir die periode 1 Maart 2013 tot 28 Februarie 2014 het ‘n aanvang geneem. Die sperdatums vir jou persoonlike inkomstebelastingopgawe (ITR12) is as volg – 
  • Per pos of deur indiening in die SARS poshokkie - 26 September 2014, of  
  • Elektronies by ‘n SARS tak (voorlopige en nie-voorlopige belastingbetalers) - 21 November 2014, of
  •  Nie-voorlopige belastingbetalers wat eFiling gebruik - 21 November 2014, of
  • Voorlopige belastingbetalers wat eFiling gebruik - 30 Januarie 2015.
Inkomstebelastingopgawes (ITR14e) vir maatskappye (of ander regsentiteite) moet binne 12 maande na afsluiting van die maatskappy se finansiële jaar ingedien word. 

Neem ook kennis dat slegs ‘n geregistreerde belastingpraktisyn opgawes namens jou mag indien.
   
Werkgewers En Werknemers: Kyk Na Die Inkomsteperk
ArticleImage Regulasies oor oortyd en betalings, werksure, rusperiodes, etenstye, werk op Sondae en Openbare Vakansiedae en werk in die nagtelike ure – dit is van die aspekte wat deur die Wet op Basiese Diensvoorwaardes gereguleer word. Hierdie beskerming en voorwaardes is nie van toepassing op werknemers wie se vergoeding die perk oorskry nie. 

Hierdie perk het vanaf 1 Julie opgeskuif van R193,805-00 na R205,433-30 per jaar. Van die voorwaardes is in elk geval onder sekere omstandighede nie van toepassing nie en ook nie op sekere klasse van werknemers nie, ongeag van hul verdienste (soos senior bestuurders, verkoopspersoneel op kommissie en werknemers wat minder as 24 uur per maand in diens is). Indien jy hieroor onseker is, verkry regsadvies.
   
Augustus se Webwerf: Entrepreneurs En Daardie Deurbraak
ArticleImage
“Silver Bullet, noun: A simple and seemingly magical solution to a complicated problem” (Oxford Woordeboek)

Ons droom almal van ‘n eenvoudige stukkie advies wat vir ons sakesukses op ‘n magiese manier sal waarborg. Dit is natuurlik nie so eenvoudig nie. 

Volgens Entrepreneur Magazine se artikel “There Is No Magic Formula for Small-Business Success -- Only This” (op hul webwerf te http://www.entrepreneur.com/article/234924) bly die basis van sakesukses nog steeds harde werk en ondervinding.
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews