Baie besighede wat persele ingevolge huurkontrakte huur, bevind hulself tans in ‘n netelige posisie. As gevolg van die COVID-19 pandemie en die effek daarvan op ons ekonomie, is baie van hulle nie op die oomblik in staat om huur te betaal nie. Huurders en verhuurders van regoor die spektrum wonder nou wat hul regsposisie onder hierdie omstandighede is. “Force majeure” word wyd en syd verkondig as ‘n metode waardeur huurders uit hul huurkontrakte kan ontsnap. Indien dit die geval is, gaan baie verhuurders noustrop trek; en indien nie, gaan heelwat huurders finansiële ondergang in die gesig staar.

Ons kyk na wat presies die begrip force majeure beteken. Ons bespreek ook die twee verskillende situasies wat huurders en verhuurders moet oorweeg. Ons sluit af met “prakties riglyne vir onderhandeling” en die gedagte dat hierdie algemene beginsels ook op kontrakte in die algemeen van toepassing is, en nie slegs op huurkontrakte nie.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Mei 2020 NUUSBRIEF
Huurkontrakte van kommersiële eiendome en COVID-19: Wat is Force Majeure?
Baie besighede wat persele ingevolge huurkontrakte huur, bevind hulself tans in ‘n netelige posisie. As gevolg van die COVID-19 pandemie en die effek daarvan op ons ekonomie, is baie van hulle nie op die oomblik in staat om huur te betaal nie. Huurders en verhuurders van regoor die spektrum wonder nou wat hul regsposisie onder hierdie omstandighede is. “Force majeure” word wyd en syd verkondig as ‘n metode waardeur huurders uit hul huurkontrakte kan ontsnap. Indien dit die geval is, gaan baie verhuurders noustrop trek; en indien nie, gaan heelwat huurders finansiële ondergang in die gesig staar.

Ons kyk na wat presies die begrip force majeure beteken. Ons bespreek ook die twee verskillende situasies wat huurders en verhuurders moet oorweeg. Ons sluit af met “prakties riglyne vir onderhandeling” en die gedagte dat hierdie algemene beginsels ook op kontrakte in die algemeen van toepassing is, en nie slegs op huurkontrakte nie.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

In tye van Groot Verandering, maak seker dat jou Testament op datum is!
ArticleImage Dit is ’n somber gedagte, maar ook ’n realiteit waarmee ons moet saamleef. Nie een van ons kan verseker weet wanneer ons ons laaste asem gaan uitblaas nie. Daarom is dit noodsaaklik om deurentyd ’n Testament in plek te hê wat geldig en op datum is – selfs in voorspoedige tye. So kan jy seker maak dat daar behoorlik na jou geliefdes omgesien word wanneer jy die dag nie meer daar is nie. Dit is veral belangrik in hierdie moeilike tyd, waar onsekerheid en die risiko om ‘n dodelike siekte op te doen aan die orde van die dag is.

Maak die nodige tyd en oorweeg of sekere aspekte van jou Testament dalk hersiening nodig het. Om jou hiermee van hulp te wees, het ons ’n lys saamgestel met nege “sneller-gebeurtenisse” (“trigger events”) om in gedagte te hou. Besluit dan of dit nodig is om jou Testament te hersien. Indien wel, lees gerus die laaste gedeelte van die artikel oor “Hoe om jou testament op te dateer”.
   
lees meer
Egskeiding gedurende die Tyd van Inperking – Op watter gronde kan jy steun?
ArticleImage Let wel: Indien jy nie persoonlik ’n artikel oor egskeiding nuttig sal vind nie, oorweeg dit om hierdie vir iemand aan te stuur wat dalk daarby kan baat vind.


Die Nasionale Inperking het baie paartjies se verhoudings op die proef gestel. Hoewel meeste verhoudings hopelik sterker ander kant uitgekom het, sal daar ongelukkig ook paartjies wees wat ’n egskeiding oorweeg, hopelik as ’n laaste opsie.

Ons bespreek die drie gronde vir egskeiding ingevolge die Wet op Egskeiding. Ons kyk ook oorsigtelik na ander faktore wat in ag geneem moet word.
   
lees meer
Verkopers van eiendom – Wees reg vir SPLUMA
ArticleImage Vertragings in die oordrag van ’n eiendom nadat dit verkoop is, kan veral die verkoper duur te staan kom. Dit is dus beter om pro-aktief te wees en enigiets wat onnodige haakplekke in die oordragproses kan veroorsaak, aan te spreek. 

Die finale tydsberekening en spesifieke besonderhede daarvan is nog nie bekend nie. 
Neem solank kennis van die moontlikheid dat jy binnekort ’n formele “SPLUMA” nakomingsertifikaat voor die oordrag van jou eiendom sal moet indien. (“SPLUMA” is ‘n afkorting wat gebruik word vir die Ruimtelike Beplanning en Grondgebruik Bestuur Wet, oftewel “Spatial Planning and Land Use Management Act”). 

Lees gerus verder vir meer inligting oor dié dinge wat jy waarskynlik in plek sal moet hê ten einde jou oordragprokureur in staat te stel om jou sertifikaat met die minste verontrief en vertraging te verkry.
   
lees meer
Jou Webwerf van die Maand: Inperkingsadvies vir Entrepreneurs
ArticleImage Hierdie is inderdaad uitdagende tye waarin ons ons bevind. Kleiner besighede in besonder het soveel as moontlik bystand en advies nodig – nie net om hierdie krisis te oorleef nie; maar ook om hulle in staat te stel om uiteindelik beter en sterker ander kant uit te kom. 

Om ons webwerf van die maand aan te haal: “Die skaal van die nasionale COVID-19 inperking is ongekend. Die gevolge – persoonlik, professioneel, nasionaal en internasionaal – sal ons nog vir baie jare bybly. As entrepreneurs moet ons nou die regte besluite neem om te verseker dat ons besighede en ons mense se voortbestaan nie ook slagoffers van die virus word nie.” (Eie vertaling.)
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews