|
|
|
|
Dis Trouseisoen! Jy het ‘n HVK nodig (of jy hier trou of oorsee)
|
|
Trouseisoen is in volle swang. Dit is noodsaaklik dat julle op die regte noot afskop en al die formaliteite betyds aanspreek.
Hier benodig julle regsadvies. Ons kyk ook na die internasionale huwelik. Watter land se huweliksbedeling gaan van toepassing wees? Dit het belangrike gevolge op die huwelik. Hoekom is die land van “domisilie” so ‘n groot storie en hoe kan mens dit eenvoudig hou?
|
|
|
|
|
|
|
Verkoop jy jou eiendom oor die Feesseisoen? Drie wenke vir ‘n gladde oordrag
|
|
Die Feesseisoen kan ‘n goeie tyd wees om eiendom te koop en te verkoop.
Of jy nou ‘n koper of verkoper is, ons praat hier van ‘n belangrike en waardevolle bate – waarskynlik die belangrikste bate waaroor jy beskik. Dit is belangrik vir beide partye om seker te maak dat die proses sonder komplikasies verloop en dat die oordrag so vinnig en professioneel moontlik afgehandel word.
Ons kyk na drie belangrike aspekte.
|
|
|
|
|
|
|
Werkgewers en werknemers: Hoe om gevalle van seksuele teistering in die werksplek te hanteer
|
|
Die geval van Harvey Weinstein en ander hoë-profiel aanklagte en die #MeToo veldtog wat daarna op Twitter gevolg het, het die kollig weer op seksuele teistering in die werksplek laat skyn. Ons wette is duidelik en beskerm weerlose werknemers en ons howe pas die wetgewing toe.
Met afsluitingsfunksie om die draai, bespreek ons seksuele teistering in die werksplek, ons kyk na wat slagoffers van teistering kan doen en wat wekgewers verplig is om daaraan te doen.
|
|
|
|
|
|
|
Drink en Bestuur is uit! Die limiete, die risiko’s en wat jy moet doen as jy gearresteer word.
|
|
Die owerhede gaan waarskynlik saam met die Feesseisoen ook ‘n seisoen van padblokkades hou.
Ons weet almal dat ons nie moet drink en bestuur nie. Kom ons kyk net weer na die verskillende limiete wat van toepassing is; die strawwe wat van toepassing is indien jy gevang word en hoe maklik dit is om daardie stres en angs te verhoed.
Ons kyk ook na wat jou te doen staan indien die nagmerrie waar word en jy onder arres geplaas en aangehou word.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dankie vir u ondersteuning in 2017.
Ons wens u ‘n wonderlike Feesseisoen en ‘n Gelukkige en Suksesvolle 2018!
|
|
|
|
|
|
|
|
Uitsluiting
|
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.
|
© DotNews. All Rights Reserved.
|
’n Kliëntskakelingsdiens van
DotNews |
|
|
|