Die geval van Harvey Weinstein en ander hoë-profiel aanklagte en die #MeToo veldtog wat daarna op Twitter gevolg het, het die kollig weer op seksuele teistering in die werksplek laat skyn. Ons wette is duidelik en beskerm weerlose werknemers en ons howe pas die wetgewing toe.
Met afsluitingsfunksie om die draai, bespreek ons seksuele teistering in die werksplek, ons kyk na wat slagoffers van teistering kan doen en wat wekgewers verplig is om daaraan te doen.