|
|
|
|
|
|
Kan jou 👍 duim-op emoji of e-handtekening 'n ooreenkoms verseël?
|
|
In vroëer dae het 'n geskrewe ooreenkoms bestaan uit papier, ink en fisiese handtekeninge. Vandag kan jy vind dat jy gebonde is aan 'n aanlynkontrak en dat daar nie 'n druppel ink betrokke is nie. Ons kyk na ’n onlangse hooggeregshofsaak, waarin ’n skuldenaar hard probeer het om van ’n elektroniese kontrak met sy handtekening daarop te ontsnap – sonder sukses.
Ons kyk ook na 'n internasionaal gerapporteerde saak uit Kanada waarin 'n verkoper se 👍duim-op emoji voldoende was om hom aan 'n SMS-verkoopkontrak te bind. Ons bespiegel of 'n Suid-Afrikaanse hof tot dieselfde gevolgtrekking sal kom.
|
|
|
|
|
|
|
Egskeiding: Wat behels die verbeurdverklaring van voordele en wanneer sal die hof so ‘n bevel maak?
|
|
Enige egskeiding is stresvol vir almal wat daarby betrokke is. Dit kan selfs eskaleer tot ‘n bitter dispuut en verwyte, dalk tot die mate dat een of albei partye aansoek kan doen vir ‘n bevel om die verbeuring van voordele van die huwelik te verklaar.
Wat behels so ‘n bevel en watter faktore sal die hof in ag neem om te besluit of so ‘n bevel toegestaan moet word of nie? Ons bespreek hierdie vrae met verwysing na drie onlangse beslissings van die hooggeregshof waarin buite-egtelike verhoudings, emosionele en finansiële mishandeling en ander “wesenlike wangedrag” onder die loep gekom het.
|
|
|
|
|
|
|
Hoe om te verhoed dat iemand jou goeie naam op sosiale media beswadder.
|
|
Wat is die beste manier om jouself te beskerm teen iemand wat jou reputasie beswadder? Dit is deesdae baie maklik om ons of ons besighede aanlyn te beswadder. Dit is veral platforms op sosiale media wat aanvallers die geleentheid bied om vinnige en geteikende lasterlike bewerings en opmerkings oor ander te plaas.
Gelukkig het ons regtens ‘n paar opsies tot ons beskikking. Ons ontleed hierdie opsies met verwysing na 'n onlangse hooggeregshofsaak waar 'n eiendomsontwikkelaar op beide 'n WhatsApp-groep en op Facebook deur 'n kontrakteur aangeval is, wat die trekpas gekry het.
|
|
|
|
|
|
|
Ons raak formeel.
|
|
“Caveat Emptor”
Hierdie is ‘n ou regsbeginsel - “laat die koper waaksaam wees”. Dit hou in dat ‘n koper die koopsaak deeglik moet ondersoek en inspekteer voordat hy dit koop. Ons verbruikerswetgewing het oor die laaste jare toenemend verdere beskerming vir die koper meegebring, maar hierdie riglyn bly steeds in die algemeen van praktiese waarde as jy iets gaan aankoop. So, die volgende keer wat jy oorweeg om ‘n huis, of ‘n motor, of ‘n sak appels (of enige ander item) vir jou aan te skaf, onthou asseblief “caveat emptor”!
Uit die HAT
keeromstraat s.nw. straat wat nie deurgang bied nie, maar waarin voorsiening gemaak is dat ‘n mens aan die einde kan terugkeer na die oorspronklike rigting - doodloopstraat.
|
|
|
|
|
|
|
|
Uitsluiting
|
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.
|
© DotNews. All Rights Reserved.
|
’n Kliëntskakelingsdiens van
DotNews |
|
|
|