Teken aan
Facebook Twitter LinkedIn
Januarie 2025 Nuusbrief
Article Image

Hoe kan ek as 'n buitelander eiendom in Suid-Afrika koop?

Suid-Afrika is 'n gewilde keuse onder internasionale eiendomkopers, met ons eiendomsmark wat bekostigbaarheid en groeipotensiaal bied, 'n sterk regstelsel en regulatoriese omgewing wat eiendomsbesit beskerm, en natuurlik 'n aantreklike leefstyl met 'n wye verskeidenheid eiendomsopsies. Ons is ook onlangs aangewys as "die vriendelikste land ter wêreld vir toeriste", wat  beteken dat ons selfs meer gewild kan word.

Of jy nou een van daardie oorsese besoekers is wat smag na jou eie stukkie Mzansi, of 'n plaaslike inwoner is wat graag jou besoekers se vrae oor die koop van eiendom in Suid-Afrika wil beantwoord, is hierdie artikel vir jou.
lees meer
Article Image

Direkteure: Verhoed dat jy gedagvaar word vir maatskappyskuld.

As 'n direkteur van ‘n maatskappy moet jy deurlopend 'n oorvloed van wetlike en fidusiêre pligte nakom, daarom is dit uiters belangrik dat jy jou risiko bestuur sodat jy nie persoonlik vir maatskappyskulde en verliese gedagvaar word nie.

Die goeie nuus is dat dit nie ‘n ingewikkelde proses is om jouself teen hierdie soort aanspreeklikheid te beskerm nie (ons deel ‘n paar wenke). Dit is wel die moeite werd om dit reg te doen. Soos ’n onlangse appèlhofbeslissing vir ons wys, kan hier groot geld ter sprake wees (in hierdie geval was dit R41,4 miljoen). Dit kan dus baie onsekerheid vir jou as direkteur meebring as jy nie hierop voorbereid is nie.
lees meer
Article Image

Die nuwe skooljaar begin binnekort – kan jou onbetaalde skoolfondse verhoed dat jy jou kind by die skool van jou keuse kan inskryf?

Die nuwe skooljaar is met ons! Te midde van al die opgewondenheid en vrese van die “terug-skool-toe” dae wat kom, kyk ons na 'n belangrike beslissing van die hooggeregshof wat die netelige vraag aangepak het of leerders uit die skool verbied kan word omdat hul ouers nog nie die skoolfondse betaal het nie.

Die hof het ’n pa verbied om sy dogter in te skryf by die skool aan wie hy R407 000 se agterstallige skoolfondse verskuldig was.  Die hof bespreek die potensieel mededingende regte wat hier ter sprake is – die beste belange van minderjarige kinders wat skool toe moet gaan, ons grondwetlike reg op onderwys en die reg van skole om skoolfondse in te vorder waarmee hulle ‘n funksionele leeromgewing probeer handhaaf. 
lees meer
Article Image

Wraakpornografie en 'n vals Facebook-profiel - Aanlynlaster kos 'n egpaar R3,55 miljoen.

Laster is sedert die begin van die opgetekende geskiedenis al met ons, maar ons digitale era het 'n besondere verderflike verskynsel meegebring - aanlyn "wraakpornografie". Slagoffers is 'n sagte prooi vir hul folteraars, met private foto’s en video's wat 'n eie lewe in die kuberruim kan aanneem. 

Ons howe het dit onlangs duidelik gemaak dat gevalle van digitale misbruik nie geduld sal word nie, met 'n toekenning van skadevergoeding in die bedrag van R3,55 miljoen teen 'n welgestelde egpaar. Hopelik sal die getraumatiseerde slagoffer wel vertroosting vind in haar omvattende regsoorwinning.
lees meer
Article Image

Ons raak Formeel.

"Regspersoon"

"Juridiese (of regs) persoonlikheid" is 'n belangrike konsep wat voortspruit uit die beginsel dat sekere entiteite dieselfde regte en verantwoordelikhede as "natuurlike persone" of "individue" kan hê. Hulle kan dus in hul eie name handel dryf, kontrakte aangaan, bates hou en laste aangaan en verpligtinge opdoen.

Die definisies van “regspersoon” of “persoon” verskil volgens verskillende wetgewing, maar – in die algemeen – word maatskappye, ander korporatiewe entiteite, nie-winsgewende organisasies en soortgelyke liggame almal as regspersone beskou. Trusts en vennootskappe is, ietwat verwarrend, nie tradisioneel erkende regspersone nie - maar hulle kan behandel word, en word soms gedefinieer, as 'n aparte regsidentiteit in verskeie kontekste en ingevolge spesifieke wetgewing, waaronder belastingwetgewing.  

Article Image
 

Mag jy 'n gesonde,
gelukkige en suksesvolle 
2025 hê!


 
A SampleCompany 8
012 345 6789
18 Sample Road,
Companyville
Sample Country, 7800
Uitsluiting
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  A Client Connection Service by DotNews