Waar ‘n gevaarlike situasie op ‘n eiendom of in ‘n kompleks bestaan of ontstaan, is die eienaars van daardie eiendom (of dit in gemeenskapskemas of gewone eiendomme is), regspersone en boukontrakteurs almal op risiko om aanspreeklik gehou te word as daar skade kom. Dit is belangrik om hierdie risko te verstaan.

Ons bespreek hierdie risiko’s en hoe om dit te hanteer. Ons kyk na ‘n onlangse saak waar ‘n moeder R3 miljoen in die Hooggeregshof geëis het. Die moeder se jong seun het elektriese skokke opgedoen en hy is beseer toe hy probeer het om ‘n kraan oop te draai.

Die hof bevind dat verskeie kontrakteurs nalatig was. Dit het veroorsaak dat die kraan geëlektrifiseer was. Hierdie gevaarlike situasie is verder vererger deur die nalatigheid van ander. In die hof se uitspraak word blaam en aanspreeklikheid aan verskillende partye toegedeel. Hoe die hof die verskillende partye aanspreeklik hou en skadevergoeding toedeel, met die redes daarvoor, kan waardevolle lesse vir al die rolspelers wees.
 


Teken aan
DGA - Debra Gouws Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English


11Bellwood debra@gouwsattorneys.co.za debra@gouwsattorneys.co.za www.kle.co.za/home.htm
April 2022 NUUSBRIEF
Is die eienaar en regspersoon aanspreeklik waar ‘n kind deur elektrisiteit geskok en beseer is?

Waar ‘n gevaarlike situasie op ‘n eiendom of in ‘n kompleks bestaan of ontstaan, is die eienaars van daardie eiendom (of dit in gemeenskapskemas of gewone eiendomme is), regspersone en boukontrakteurs almal op risiko om aanspreeklik gehou te word as daar skade kom. Dit is belangrik om hierdie risko te verstaan.

Ons bespreek hierdie risiko’s en hoe om dit te hanteer. Ons kyk na ‘n onlangse saak waar ‘n moeder R3 miljoen in die Hooggeregshof geëis het. Die moeder se jong seun het elektriese skokke opgedoen en hy is beseer toe hy probeer het om ‘n kraan oop te draai.

Die hof bevind dat verskeie kontrakteurs nalatig was. Dit het veroorsaak dat die kraan geëlektrifiseer was. Hierdie gevaarlike situasie is verder vererger deur die nalatigheid van ander. In die hof se uitspraak word blaam en aanspreeklikheid aan verskillende partye toegedeel. Hoe die hof die verskillende partye aanspreeklik hou en skadevergoeding toedeel, met die redes daarvoor, kan waardevolle lesse vir al die rolspelers wees.
lees meer


Moenie jou gekose erfgename per ongeluk diskwalifiseer om te erf nie!
ArticleImage

Jou testament is ‘n belangrike deel daarvan om seker te maak dat jou geliefdes finansieel sal kan aangaan as jy nie meer hier is nie. Dit is daarom noodsaaklik dat jou testament geldig is en dat dit jou wense akkuraat verwoord.

Dit is moontlik dat jy een of meer van jou voorgenome erfgename per ongeluk kan diskwalifiseer om te erf. Ons bespreek hierdie gevaar, en die wet en die praktiese aspekte hiervan, in die konteks van 'n hooggeregshofsaak tussen 'n oorledene se kinders uit twee verskillende huwelike.

Hierdie geval onderstreep weereens waarom jy jou testament deur 'n professionele persoon moet laat opstel.

   
lees meer
Vrywaringsklousules en Werknemers wat van jou steel: Kan jy dagvaar (of gedagvaar word)?
ArticleImage

Vir sommige werkgewers beteken 'n oneerlike werknemer voorraad wat verdwyn, interne bedrog en dies meer. Vir ander is daar 'n bykomende risiko – om deur ‘n klant of kliënt gedagvaar te word van wie die werknemer gesteel het.

In een so 'n saak wat in die Hoogste Hof van Appèl geëindig het, is 'n verspreidingsagent gedagvaar vir R4,5 miljoen nadat sy oneerlike werknemer ingevoerde skootrekenaars by 'n lughawe-pakhuis opgelaai het en spoorloos daarmee verdwyn het.

Die werkgewer het op ‘n vrywaringsklousule in hul standaard bepalings en voorwaardes gesteun. Die Hof se ontleding van hierdie klousules en die toepaslikheid daarvan in sake van hierdie aard, bied waardevolle leiding vir beide werkgewers en ook hul kliënte.
   
lees meer
Wat staan jou te doen wanneer iemand na aan jou geen beheer oor hul besteding het nie?
ArticleImage

As iemand na aan jou beheer oor hul besteding verloor, begin om hul geld en eiendom roekeloos te verkwis, en in die proses hulself en hul afhanklikes in gevaar stel om behoeftig te word, kan jy dit oorweeg om die Hooggeregshof vir hulp te nader.

Mits jy voldoende redes daarvoor verskaf, kan die Hof daardie persoon as 'n "verkwister " verklaar. Die Hof stel dan 'n kurator bonis aan om na daardie persoon se geldsake om te sien.

Dit is egter 'n drastiese remedie wat ons howe nie ligtelik sal toestaan nie. Jy staan dus die kans dat jou hofaansoek sal misluk indien jou saak nie sterk genoeg is nie. Dit is presies wat in ‘n onlangse saak gebeur het, waar ‘n “strawwe drinker” daarvan beskuldig was dat hy sy boedel op prostitute verkwis het.
   
lees meer
Jou webwerf van die maand: 9 Sleutelpunte vir die neem van ‘n moeilike besluit
ArticleImage

“Avoiding a decision is itself a decision … probably the wrong one”

Besluite, besluite – ons bestee daagliks hope tyd aan die neem van besluite. Die meeste daarvan is gering, maar elke nou en dan is daar ‘n groot, belangrike besluit wat geneem moet word. Dit is dalk iets soos "Moet ek uit my 9-tot-5 werk bedank en daardie bakkery begin waarvan ek nog altyd gedroom het?" of "Moet ons die huis verkoop en kus toe trek?" of selfs “Moet ons onderneming op die JSE noteer?”.

Ongeag watter moeilike besluit vir jou wag, onthou dat uitstel die makliker uitweg is, maar die meeste van die tyd is dit nie die verstandige keuse nie. Pak liewer die bul by die horings met die Nege Sleutelpunte in Psyche se artikel oor hoe om ’n moeilike besluit te neem “How to make a difficult decision” hier.

 

Uit die HAT:

Kurator  1. hoof van ‘n kunsgalery, museum of dieretuin 2. persoon wat aangestel is/word om die sake te behartig van iemand wat onder kuratele gestel is. 3. lid van ‘n raad van toesig oor ‘n inrigting.     

Verkwis ww. Oordadig uitgee; op onvoordelige wyse gebruik; vermors; verspil: geld en goed verkwis.    

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews