Jaarliks is daar wêreldwyd in Oktober ‘n algemene fokus op Kuberveiligheid. Dit is ‘n goeie geleentheid om kliënte daarop attent te maak dat kubermisdadigers al hoe meer eiendomstransaksies teiken.

As jy eiendom verkoop of koop, moet jy deurentyd versigtig wees. In die lig van ‘n verdere hofsaak oor wie die verlies moet dra van 'n aansienlike bedrag geld wat deur 'n koper in 'n bedrieër se bankrekening inbetaal is, bespreek ons die risiko's en deel ons wenke oor hoe om die risiko te verminder. Laastens, waarsku ons oor 'n nuwe en beduidende Kunsmatige Intelligensie-gevaar wat baie slagoffers onverhoeds sal vang - moenie een van hulle wees nie!
 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
October 2023 NUUSBRIEF
Sekuriteitswaarskuwing: Eiendomstransaksies en styging in Kubermisdaad; die gevaar van Kunsmatige intelligensie (KI).

Jaarliks is daar wêreldwyd in Oktober ‘n algemene fokus op Kuberveiligheid. Dit is ‘n goeie geleentheid om kliënte daarop attent te maak dat kubermisdadigers al hoe meer eiendomstransaksies teiken.

As jy eiendom verkoop of koop, moet jy deurentyd versigtig wees. In die lig van ‘n verdere hofsaak oor wie die verlies moet dra van 'n aansienlike bedrag geld wat deur 'n koper in 'n bedrieër se bankrekening inbetaal is, bespreek ons die risiko's en deel ons wenke oor hoe om die risiko te verminder. Laastens, waarsku ons oor 'n nuwe en beduidende Kunsmatige Intelligensie-gevaar wat baie slagoffers onverhoeds sal vang - moenie een van hulle wees nie!
lees meer


Demensie: Wat kan mens regtens doen om die persoon van hulp te wees en te beskerm.
ArticleImage

Die meeste van ons sal waarskynlik op 'n stadium van ons lewens die hartseer uitdagings van 'n familielid wat aan demensie ly, moet hanteer. Wat kan jy doen om hulle te help en te beskerm wanneer hulle die verstandelike vermoë verloor om hul eie regs- en finansiële sake te hanteer?

Dit is ‘n mite dat ‘n volmag vir ewig is. Daarom kyk ons na die drie alternatiewe wat wel beskikbaar is. Ons kyk na wanneer dit beskikbaar is en na die meriete van elk. As jy die verskillende opsies verstaan, sal dit jou (en jou gesin) help om hierdie moeilike reis ietwat makliker te maak. 
   
lees meer
“Slip ‘n Trip” in die Supermark – wat moet bewys word?
ArticleImage

Moderne supermarkte, met hul vele voordele, moet steeds met versigtigheid gebruik word. Dink maar aan gladde vloere, bokse in die gange, goedere wat van rakke afval en gebreekte of lekkende houers wat die vloer bedek en natmaak – gevare wat op die onoplettende besoeker wag.

As jy ongelukkig genoeg is om ‘n slagoffer te word, sal jy skadevergoeding wil eis. Wat moet jy dan bewys om met ’n eis te kan slaag? Ons kyk na 'n onlangse geval in die hooggeregshof, waar 'n klant op 'n nat en gladde vloer gegly het, met ernstige gevolge.
   
lees meer
Kan jy ‘n geldige testament met ‘n video-oproep bewerkstellig?
ArticleImage

Natuurlik wil ons almal hê dat daar na ons geliefdes omgesien word wanneer ons nie meer hier is nie. Ons weet ook dat dit belangrik is om 'n geldige en behoorlik opgestelde testament agter te laat om te verseker dat ons laaste wense nagekom word.

Tog is ‘n bedoeling of ‘n wete en werklike optrede verskillende dinge. Ons howe moet gereeld probeer om familiedispute uit te sorteer waar die testament nie in plek gestel is nie. Ons bespreek twee tragiese gevalle, een waarby 'n pa instruksies vir 'n nuwe testament in 'n video-oproep nagelaat het, maar dan as gevolg van Covid-19 sterf voordat hy die testament kon onderteken.
   
lees meer
Ons raak formeel.
ArticleImage

Regsterm : "Rei vindicatio"

Letterlik beteken dit die "uitwinning van die saak" en dikwels bloot na verwys as 'n "saakopvolgingsaksie". Dit sal jou belangrikste regsmiddel wees as jy, as wettige eienaar van iets, probeer om dit te verhaal van iemand anders wat dit onwettig en sonder jou toestemming in besit geneem het. Die aksie het sy oorsprong in die antieke Romeinse reg en word vandag nog baie gebruik vir die terugvordering van beide roerende en onroerende eiendom - in laasgenoemde geval sou dit normaalweg die vorm van 'n aansoek om uitsetting aanneem.

 

Uit die HAT:

Verhaal s.nw. vertelling, geskiedenis, storie, sprokie: ‘n verhaal vertel/opteken; ‘n ware/boeiende/spannende/aangrypende/verstommende verhaal. 

Verhaal ww. vergoeding kry; (wat jy verloor/uitgegee het) terugkry; iets van iemand verhaal/jou skade verhaal. 

Verhaalbaar b.nw.   wat teruggekry kan word; waarvan  vergoeding verkry kan word; Die skade is verhaalbaar; die deposito is verhaalbaar.  

   
belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews