Eienaars wat poog om hul eiendom in die heersende ekonomiese klimaat te verkoop, moet vele uitdagings trotseer. Hulle sal beslis die risiko van dubbele kommissie (wat beteken dat die volle kommissiebedrag aan twee verskillende agentskappe betaal moet word) wil vermy.

Waar meer as een agentskap jou eiendom bemark en op een of ander stadium met die uiteindelike koper omgaan, kan verwarring en geskille oor watter agentskap die “effektiewe oorsaak” van die verkoop was, al te maklik ontstaan. ’n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof dien as goeie illustrasie hiervan.

Ons Howe kan kommissie aan beide agente toeken “waar dit onmoontlik is om in terme van kousaliteit (of grade van kousaliteit) tussen die pogings van een agent en dié van ’n ander te onderskei.” (Eie vertaling)

Ons deel ’n paar gedagtes oor hoe verkopers, kopers en agente hulself in so ’n situasie kan beskerm.
 


Teken aan
DGA - Debra Gouws Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English


11Bellwood debra@gouwsattorneys.co.za debra@gouwsattorneys.co.za www.kle.co.za/home.htm
September 2020 NUUSBRIEF
Eiendom: Moenie Dubbele Kommissie betaal nie!
Eienaars wat poog om hul eiendom in die heersende ekonomiese klimaat te verkoop, moet vele uitdagings trotseer. Hulle sal beslis die risiko van dubbele kommissie (wat beteken dat die volle kommissiebedrag aan twee verskillende agentskappe betaal moet word) wil vermy.

Waar meer as een agentskap jou eiendom bemark en op een of ander stadium met die uiteindelike koper omgaan, kan verwarring en geskille oor watter agentskap die “effektiewe oorsaak” van die verkoop was, al te maklik ontstaan. ’n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof dien as goeie illustrasie hiervan.

Ons Howe kan kommissie aan beide agente toeken “waar dit onmoontlik is om in terme van kousaliteit (of grade van kousaliteit) tussen die pogings van een agent en dié van ’n ander te onderskei.” (Eie vertaling)

Ons deel ’n paar gedagtes oor hoe verkopers, kopers en agente hulself in so ’n situasie kan beskerm.
lees meer


Direkteure, Trustees: Kan julle AJVs en Algemene Vergaderings met Zoom hou?
ArticleImage Selfs met die inperkingsmaatreëls wat verslap is, blyk dit asof die behoefte om sosiale afstand te hou nog vir ’n geruime tyd lank deel van ons “nuwe normaal” gaan wees.

In die lig hiervan, hoe moet jy as direkteur van ’n maatskappy die Maatskappyewet se streng vereistes oor Algemene Jaarvergaderings nakom?

Ons bespreek die moontlikheid om hierdie vergaderings gedeeltelik of in die geheel aanlyn te hou. “Virtuele vergaderings” word wel deur ons reg erken, mits daar aan sekere formele vereistes voldoen word. Ons kyk na vergaderings van maatskappye, direkteure, aandeelhouers, en na resgpersone en huiseienaarsverenigings.
   
lees meer
Oorweeg jy om ‘n Besigheid te koop? Maak seker dat die Verkoper ‘n kennisgewing van die Verkoop publiseer
ArticleImage Dit is ongelukkig so dat baie besighede tans onder uiters moeilike omstandighede moet sake doen. ‘n Mens kan dus ‘n toename in die aantal besighede (of hul bates) wat verkoop word, verwag. Indien jy dit oorweeg om ‘n besigheid of sy bates te koop, maak seker dat jy bewus is van die risiko’s indien die verkoop van ‘n besigheid/sy bates nie geadverteer word nie.

‘n Fout op hierdie gebied kan jou duur te staan kom, aangesien jy maklik beide jou nuut-aangeskafte besigheid en jou geld kan verloor. Ons bespreek dit aan die hand van ‘n onlangse R8 miljoen Hooggeregshofsaak, waar eiendom deur ‘n ontwikkelaar verkoop is kort voordat die ontwikkelaar gelikwideer is. Die koper het aangevoer dat advertering van die verkoop nie ‘n vereiste was nie, aangesien die verkoper nie ‘n “handelaar” was nie. Die Hof het egter van die koper verskil en die verkooptransaksie is nietig verklaar. Beide die oordrag van die eiendom aan die koper, sowel as die verband wat deur die bank oor die eiendom geregistreer is, is tersyde gestel.
   
lees meer
Die opsie om huurkontrakte te hernu – Risiko’s vir Verhuurders en Huurders
ArticleImage Huurkontrakte bevat dikwels klousules wat ‘n “opsie om te hernu” bevat. Verhuurders en huurders moet seker maak dat hierdie klousules duidelik is en die regte bewoording bevat. 

Aan die hand van vier onlangse hofsake kyk ons na die volgende aspekte: hoe billikheid (in die lig van ubuntu en die oorweging van openbare belang) teenoor die uitdruklike bepalings van die huurkontrak opgeweeg word, die gevare van onsekerheid waar die bepalings van hernuwing nie duidelik is nie, veral rakende die nuwe huurbedrag, hoe dispute besleg moet word en laastens die belangrikheid vir die huurder om ingevolge die voorskrifte van die ooreenkoms kennis te gee van sy voorneme om te hernu.
   
lees meer
Webwerf van die Maand: Beskerm jouself teen Simkaart bedrog
ArticleImage Gedurende 2019 het die bankwese ongeveer 13 300 gevalle van bedrog aangemeld waar digitale en mobiele platforms en banktoepassings gebruik is. Dit is 16% meer as in 2018. Alles dui daarop dat die getalle as gevolg van die grendelperiode verder gaan toeneem.  

Jy moet weet wat die gevare behels indien so ‘n aanval op jou of jou organisasie gemik word, hoe om jou daarteen te beskerm, watter tekens daarop dui dat jy ‘n teiken is en wat jy moet doen om ‘n aanval te verhoed of die gevolge daarvan te temper. 

Lees gerus die artikel “What to do if you are a victim of SIM-swap fraud” op My Broadband. 

Wees veilig en bly veilig!


Uit die HAT: 

Wanderlust (Duits) sterk,onoorwinlike begeerte om rond te swerf / te reis; swerflus.   

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews