Die aankoop van jou eerste huis is ‘n opwindende tyd. Jy droom al vir ‘n geruime tyd van hierdie dag, met goeie rede. Dit is die huis waar jy en jou gesin gaan woon, werk en ontspan, en waar jou kinders gaan groot word. Dit sal na alle waarskynlikheid ook een van die belangrikste finansiële besluite van jou lewe wees.

Dit is belangrik om stadig en deeglik te werk te gaan. Moenie oorhaastig wees nie! Beplanning en voorbereiding is krities. Ons deel drie idees oor hoe om dit te bereik.

Ons kyk na aspekte soos die bepaling van jou prysklas, hoe om jou finansies in orde te kry, hoe om ‘n gepaste huis te vind, en dan, hoe om ‘n aanbod te maak.

 


Teken aan
DGA - Debra Gouws Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English


11Bellwood debra@gouwsattorneys.co.za debra@gouwsattorneys.co.za www.kle.co.za/home.htm
 
 
Maart 2022 NUUSBRIEF
Drie stappe vir die aankoop van jou eerste huis

Die aankoop van jou eerste huis is ‘n opwindende tyd. Jy droom al vir ‘n geruime tyd van hierdie dag, met goeie rede. Dit is die huis waar jy en jou gesin gaan woon, werk en ontspan, en waar jou kinders gaan groot word. Dit sal na alle waarskynlikheid ook een van die belangrikste finansiële besluite van jou lewe wees.

Dit is belangrik om stadig en deeglik te werk te gaan. Moenie oorhaastig wees nie! Beplanning en voorbereiding is krities. Ons deel drie idees oor hoe om dit te bereik.

Ons kyk na aspekte soos die bepaling van jou prysklas, hoe om jou finansies in orde te kry, hoe om ‘n gepaste huis te vind, en dan, hoe om ‘n aanbod te maak.

lees meer


Afgedank vir ander werksaamhede
ArticleImage

Wat gebeur wanneer 'n werknemer 'n tweede werk neem (of dalk 'n eie besigheid bestuur) om elke maand finansieel te oorleef?

Werknemers wat ‘n tweede werk het ("moonlighting") is nie ‘n onbekende verskynsel nie. Dit het ‘n besondere groot kwessie geword sedert die pandemie se ekonomiese ontwrigting en die grootskaalse verskuiwing na die "virtuele ekonomie". Na wat verneem word, het byna die helfte van alle werknemers nou 'n tweede bron van inkomste.

Ons kyk na die regsbeginsels wat van toepassing is met verwysing na 'n onlangse Arbeidsappèlhofbeslissing. Die saak handel oor 'n werknemer wat afgedank is omdat sy 'n naweek-biltongbesigheid bestuur het sonder om haar werkgewer daaroor in te lig.
   
lees meer
Vanaf 1 Maart 2022: Nuwe Verdienstedrempel en Nasionale Minimumloon
ArticleImage

Werkgewers en hul werknemers moet kennis neem van die verhogings in beide die Nasionale Minimumloon (NML) en die “Verdienstedrempel” waarvoor die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) voorsiening maak, welke verhogings vanaf 1 Maart 2022 in werking tree. Die drempel het ook 'n impak op die beskerming van werknemers ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) en die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI).

Ons bespreek hierdie verhogings en merk dat huiswerkers (huishulpe) se lone vir die eerste keer ten volle in lyn met die NML is. Ons verwys jou ook na 'n aanlyn "lewende loon" sakrekenaar wat jou kan help om seker te maak dat jy jou huiswerker (huishulp) genoeg betaal om die "minimum behoeftes" van 'n huishouding te kan dek.

Ons kyk ook kortliks na die voordele en beskerming wat nie meer vir daardie werknemers wat nou bo die aangepaste verdienstedrempel verdien, beskikbaar sal wees nie.

   
lees meer
Skuldenaar betaal nie? Oorweeg 'n likwidasie-aansoek
ArticleImage

In hierdie moeilike tye is dit nadelig vir jou kontantvloei as jy nie jou skuld sonder versuim invorder nie.

Dit is 'n werklike probleem wanneer 'n groot skuldenaar draaie begin hardloop – om kontak te vermy, leë beloftes van betaling te maak, en om invorderingstappe te vertraag. Wat staan jou te doen? 

As jou skuldenaar 'n maatskappy is, is dit dalk nodig dat jy aansoek doen vir die likwidasie van die maatskappy. Dit is een manier om jou skuldenaar se aandag te trek. Ons deel 'n paar gedagtes oor hoe doeltreffend dit kan wees, met 'n wenk oor 'n kortpad wat dit makliker maak om te bewys dat die skuldenaar nie in staat is om sy skuld te betaal nie.

   
lees meer
Jou webwerf van die maand: Hoe om te voorkom dat jy 'n slagoffer van 'n “Tinder Swindler” of "Tinder-swendelaar" word
ArticleImage

Dink asseblief daaraan om hierdie artikel met enige familielid, vriend of kollega te deel wat daarby baat kan vind om te weet na watter "rooi vlae" om te kyk wanneer jy “afspraak toepassings” (“dating-apps”)  en sosiale media gebruik.

Jy sal weet van die groot probleem wêreldwyd van swendelaars wat “afspraak toepassings” en sosiale media gebruik om hul slagoffers sover te kry om ongelooflike bedrae geld aan hulle oor te betaal in gevalle van "romantiese bedrog". Die swendelary kom dikwels voor en die metodes is gesofistikeerd en uiteenlopend. Enigiemand kan 'n slagoffer word.

Ons deel 'n aanlyn sekuriteitsartikel wat hulpbronne verskaf oor hoe om hierdie swendelary raak te sien, hoe om jouself te beskerm en hoe om te keer dat jy ‘n slagoffer word, en nog baie meer. Dit is 'n lang artikel, so ons het 'n paar van die belangriker onderwerpe en Infografika vir jou uitgelig.

   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews