As grondeienaar is een van jou herhalende uitgawes die maandelikse belastings wat die plaaslike munisipaliteit op jou eiendom hef. Jy voel dalk dat jou belastingrekening reeds hoog is. Dit kan egter baie erger word indien jy jou eiendom vir iets onwettig of ongemagtig gebruik. Die munisipaliteit is dan by magte om jou eiendom teen ‘n “boetekoers” te belas.

Ons kyk na 'n geval waar grondeienaars van Johannesburg 'n viervoudige belastingrekening ontvang het, nadat hulle twee kamers in hul huis sonder munisipale goedkeuring aan studente uitverhuur het. Die Hoogste Hof van Appèl het hierdie verhoging bekragtig. Hoewel elke munisipaliteit sy eie tariewe en beleide oor grondgebruik sal hê, is die beginsel dieselfde – onregmatige grondgebruik sal jou duur te staan kom!
 


Teken aan
DGA - Debra Gouws Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English


11Bellwood debra@gouwsattorneys.co.za debra@gouwsattorneys.co.za www.kle.co.za/home.htm
Mei 2022 NUUSBRIEF
Grondeienaars: Jou belastings kan vervierdubbel vir ongemagtigde grondgebruik

As grondeienaar is een van jou herhalende uitgawes die maandelikse belastings wat die plaaslike munisipaliteit op jou eiendom hef. Jy voel dalk dat jou belastingrekening reeds hoog is. Dit kan egter baie erger word indien jy jou eiendom vir iets onwettig of ongemagtig gebruik. Die munisipaliteit is dan by magte om jou eiendom teen ‘n “boetekoers” te belas.

Ons kyk na 'n geval waar grondeienaars van Johannesburg 'n viervoudige belastingrekening ontvang het, nadat hulle twee kamers in hul huis sonder munisipale goedkeuring aan studente uitverhuur het. Die Hoogste Hof van Appèl het hierdie verhoging bekragtig. Hoewel elke munisipaliteit sy eie tariewe en beleide oor grondgebruik sal hê, is die beginsel dieselfde – onregmatige grondgebruik sal jou duur te staan kom!
lees meer


Teistering in die Werkplek: Die nuwe Kode in 'n neutedop
ArticleImage

Alle werkgewers en werknemers moet kennis neem van die nuwe "Kode van Goeie Praktyk vir die Voorkoming en Uitskakeling van Geweld en Teistering in die Werkplek" wat gedurende Maart 2022 in werking getree het. (Die Kode is in Engels beskikbaar as die “Code of Good Practice on the Prevention and Elimination of Violence and Harassment in the Workplace”.) 

Ons bespreek graag op wie die Kode van toepassing is, waar en wanneer dit relevant is en wat jy as werkgewer op hierdie stadium moet doen.

Ons bespreek ook wat bedoel word met die terme "teistering", "seksuele teistering" en "teistering oor ‘n persoon se ras of etniese of sosiale herkoms". Ons sluit af met die finale gevolgtrekking dat indien jy vermoed dat iets by jou werkplek op teistering mag neerkom, dit waarskynlik wel die geval is!

   
lees meer
Laat meer as bates aan jou geliefdes na – los vir hulle 'n nalatenskap.
ArticleImage

Dit is ons almal se wens om behoorllik na ons geliefdes om te sien na ons afsterwe.

Die formulering van 'n boedelplan is die beste manier om hiervoor voorsiening te maak.

Die eerste prys sal altyd 'n plan wees wat meer as net die praktiese en die finansiële aspekte aanspreek - een wat iets meer persoonlik nalaat, iets van jouself.

Wanneer ons met ons eie sterflikheid gekonfronteer word, is dit ‘n natuurlike reaksie om dit eerder te wil uitstel. Dit hoef egter nie 'n intimiderende proses te wees nie. Onthou niemand kan bekostig om uit te stel wanneer dit by die voorsiening en versorging van jou familie kom nie. Ons deel drie eenvoudige stappe om te verseker dat jy nie net bates nalaat nie, maar ook 'n blywende en waardevolle nalatenskap ...
   
lees meer
Pasop vir die swak bewoorde verbandklousule!
ArticleImage

Of jy 'n eiendom koop of verkoop, werk jy hier met 'n bate van hoë waarde. ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof dien weer as tydige waarskuwing dat jy jou verkoopooreenkoms deur ‘n professionele persoon moet laat opstel of nagaan, voordat jy enigiets teken.

'n Verkoper kon nie uit 'n ongunstige verkoopooreenkoms tree nie, al kon die koper oor ‘n tydperk van vier jaar nie daarin slaag om verbandfinansiering te kry nie.

Die probleem was die spesiefieke bewoording van die “verbandklousule”. Dit is 'n klousule wat menige verkopers en kopers al vasgeknoop het. Ons ondersoek waarom hierdie saak vir die verkoper verkeerd afgeloop het, terwyl dit goed vir die koper uitgewerk het.

   
lees meer
Webwerf van die Maand: Drie dinge wat produktiewe mense elke dag doen
ArticleImage

“Here’s how to expand your mind’s abilities to get more done”

‘n Gesonde fokus op produktiwiteit is ‘n hoeksteen van sukses in beide ons persoonlike en professionele lewens.

Ons hoor gereeld ons moet nou meer gedoen kry in minder tyd. Maar hoe moet ons prakties te werk gaan? Ons uitdaging in hierdie Aanlyn-Era is dat ons gereeld met produktiwiteitswenke van alle vorme oorweldig word. Hoe kan ons by die kern van produktiwiteit uitkom en bepaal wat vir ons situasie gaan werk, en wat nie?

Vir 'n bondige opsomming van drie beproefde idees oor hoe om die kernbeginsels te bepaal, sien die artikel "3 Things the Most Productive People Do Every Day " op Barking Up the Wrong Tree se webwerf.

 

Uit die HAT:

wapenstilstand s.nw  (tydelike) staking van vyandelikhede; skietstilstand: ‘n wapenstilstand oor Kersfees.   

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews