Ons Grondwetlike Hof het onlangs finaal beslis dat munisipaliteite nie ‘n nuwe eienaar van eiendom verantwoordelik kan hou vir die betaling van die verkoper se agterstallige munisipale skulde vir eiendomsbelasting en dienste nie.
Voor hierdie uitspraak was ‘n koper op risiko om aanspreeklik gehou te word vir so ‘n onvoorsiene uitgawe. ‘n Koper sou begroot het vir die koopprys, die hereregte en die oordragskostes. As dit dan later sou blyk dat die verkoper ook onbetaalde historiese skulde by die munisipaliteit gelaat het, kon dit die koper se finansies erg deurmekaar krap.
Die bedrae wat ter sprake is, wissel natuurlik, maar in een geval het die munisipale skuld R6.5 miljoen beloop.
Watter effek het hierdie uitspraak van die hof op kopers, verkopers, agente en munisipaliteite? Ons ondersoek hoe dit vir elkeenn in die praktyk gaan raak...
|