As jy van voorneme is om eiendom in ‘n stram ekonomie te koop, mag jy dalk met ‘n onwettige okkupeerder in die eiendom te doene kry. Hoe moet jy dit hanteer? 

‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof handel met hierdie risiko. Die okkupeerders het geweier om die perseel te verlaat. Ons kyk na die uitspraak en na PIE en wat jy moet bewys voordat die hof ‘n uitsettingsbevel sal toestaan. 

Ons kyk ook na praktiese stappe wat jy kan neem om hierdie probleem uit die staanspoor te verhoed. 
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Maart 2019 NUUSBRIEF
Gaan jy eiendom koop? Wat van onwettige okkupeerders?
As jy van voorneme is om eiendom in ‘n stram ekonomie te koop, mag jy dalk met ‘n onwettige okkupeerder in die eiendom te doene kry. Hoe moet jy dit hanteer? 

‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof handel met hierdie risiko. Die okkupeerders het geweier om die perseel te verlaat. Ons kyk na die uitspraak en na PIE en wat jy moet bewys voordat die hof ‘n uitsettingsbevel sal toestaan. 

Ons kyk ook na praktiese stappe wat jy kan neem om hierdie probleem uit die staanspoor te verhoed. 
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Verkeersboetes en ‘n Erkenning van Skuld – lei dit tot ‘n kriminele rekord?
ArticleImage Ons word deur soveel reëls en regulasies omring. Selfs die versigtiges onder ons kan een of ander tyd met die gereg bots. “Moet ek hof toe gaan om dit te verdedig of betaal ek die boete en beweeg ek eerder aan met my lewe?“ 

Wees versigtig. Dit is een ding om ‘n boete te betaal om ‘n probleem uit die pad te kry. Dit is iets heel anders as jy in die proses ‘n kriminele rekord opdoen wat vir die res van jou lewe met jou gaan wees. Kan ‘n rekord verwyder word? Wanneer is ‘n rekord jou voorland en wanneer nie? Ons kyk na die grasverkoper wat hom na die Hooggeregshof gewend het, nadat ‘n erkenning van skuld agt jaar later sy dinge deurmekaar gekrap het. 
   
lees meer
Trustees wat Koppe Stamp: Die Remedie om te Verwyder en die Beperkinge
ArticleImage Wat gebeur waar die trustees van ‘n trust nie ooreenstem nie en oorlog teenoor mekaar verklaar? Indien ‘n vriendelike versoek aan ‘n minderheidstrustee om uit die amp te tree nie werk nie, kan die meerderheid hom of haar met mag verwyder? Indien wel, is dit nodig dat hulle goeie redes daarvoor moet hê? 

Die eerste stap is natuurlik om te kyk na wat die funderende trustakte oor so ‘n situasie bepaal. ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof het bykomende reëls neergelê waarvan trustees en enigeen wat ‘n belang het in ‘n trust (in enige hoedanigheid) kennis moet neem.

In hierdie geval het ‘n moeder te staan gekom teen drie professionele persone (twee ouditeure en ‘n prokureur) en laasgenoemde se poging om die moeder met ‘n ander trustee te vevang.
   
lees meer
Werkgewers: Wanneer moet jy skelm Werknemers dagvaar? ‘n Voorbeeld van R33 miljoen
ArticleImage Werkgewers moet altyd die omvattende regte en beskerming wat ons arbeidswetgewing aan werknemers verleen, in gedagte hou. Maar werkgewers moet besef dat hulle óók regte het, en dat ons howe tot hul redding sal kom waar ‘n werknemer se wangedrag ‘n verlies vir sy werkgewer teweeg bring. 

Ons bespreek jou werknemers se verpligtinge teenoor jou in die konteks van ‘n onlangse Hooggeregshofsaak waar ‘n vertroude werknemer oor ‘n tydperk van vier jaar sy werknemer bedrieg het en homself met R33 miljoen verryk het.

Die Hof deel puntsgewys met wat bewys moet word om ‘n werknemer te verplig om geheime winste terug te gee, en om skadevergoeding te eis. Lees verder vir meer besonderhede ...
   
lees meer
Webwerwe van die Maand: Begroting 2019 - ‘n Verskeidenheid van Belasting “rekenaars” (en ‘n Belastinggids)
ArticleImage ‘n Anonieme grapjas het opgemerk: “Mense wat kla oor belasting kan in twee groepe verdeel word: mans en vrouens”. Maar ons het ongelukkig nie ‘n keuse nie, en moet maar daarmee saamleef. Dus kan ons net sowel verstaan hoe Belasting ons daaglike lewens gaan beïnvloed na die Begroting van 2019.

Hoe lank moet jy vandag vir die belastinggaarder werk? Hoe gaan jou inkomstebelasting verander na Begroting 2019? Hoeveel ekstra gaan jy hierdie jaar betaal op “sonde”-belasting?  Ons verwys jou na ‘n verskeidenheid aanlyn-rekenaars vir die antwoorde.

Ons gee ook vir jou die skakel na die Nasionale Tesourie se webwerf om jou eie amptelike Sakpas Belastinggids af te laai.
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews