Werknemers se gewelddadige optrede en plundery kan deel wees van ‘n staking. Dit kan ook deel wees van openbare geweld soos wat ons onlangs in ons land beleef het. In alle gevalle moet werkgewers met die nodige sorg optree.  

Ons kyk eers na stakings en arbeidsonrus. Dit is moontlik om ‘n stakende werknemer summier te ontslaan as hy of sy aan gewelddadige of intimiderende optrede skuldig bevind word. Wat van ‘n werknemer wat ‘n gevaarlike wapen by hom het, of ‘n werknemer wat deel is van ‘n groep werkers wat gewelddadig optree? Ons kyk na twee uitsprake van die Arbeidsappèlhof.

Ons kyk ook na gevalle waar werknemers deelneem aan openbare geweld en plundery sonder dat dit hulle werksplek direk raak. Kan die werkgewer teen so ‘n werknemer optree wat buite werksverband hieraan deelneem? 

 


Teken aan
Facebook
Dekker Prokureurs/Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Augustus 2021 NUUSBRIEF
Werknemers wat plunder en aan gewelddadige staking deelneem: Wanneer sal ontslag billik wees?

Werknemers se gewelddadige optrede en plundery kan deel wees van ‘n staking. Dit kan ook deel wees van openbare geweld soos wat ons onlangs in ons land beleef het. In alle gevalle moet werkgewers met die nodige sorg optree.  

Ons kyk eers na stakings en arbeidsonrus. Dit is moontlik om ‘n stakende werknemer summier te ontslaan as hy of sy aan gewelddadige of intimiderende optrede skuldig bevind word. Wat van ‘n werknemer wat ‘n gevaarlike wapen by hom het, of ‘n werknemer wat deel is van ‘n groep werkers wat gewelddadig optree? Ons kyk na twee uitsprake van die Arbeidsappèlhof.

Ons kyk ook na gevalle waar werknemers deelneem aan openbare geweld en plundery sonder dat dit hulle werksplek direk raak. Kan die werkgewer teen so ‘n werknemer optree wat buite werksverband hieraan deelneem? 

lees meer

 

 



Geweld en plundering – kan jy skade van die SAPD eis?
ArticleImage

Die onlangse wydverspreide gevalle van openbare onrus, vernietiging van eiendom en plundering het groot verliese en skade in twee provinsies veroorsaak. Ons het almal die beelde van oproerige skares gesien wat geplunder en gebrand het. Tydens die eerste paar dae van die oproer was daar ook min tekens van enige effektiewe polisie-optrede.

Diegene wat verliese gely het (of hul versekeraars) sal wonder of hulle 'n eis vir skadevergoeding teen die polisie en ander instansies, wie se taak dit is om ons teen misdaad te beskerm, kan instel. Ons kyk hierna in die lig van die geval van 'n plaas wat tydens 'n werkersstaking gevandaliseer is. Hierdie staking is gekenmerk deur die gooi van klippe, petrolbomaanvalle, brandstigting, aanrandings, intimidasie, plundering en vernietiging van eiendom. Die Hooggeregshof bevind dat die polisie hul plig versuim het. Hulle het nie die plaas bygestaan nie en hulle het ook nie die werkers wat nie gestaak het nie, beskerm nie. Die polisie is vir die skade aanspreeklik gehou.

   
lees meer
Bure wat raas – wat is jou regte? Kopers doen jul huiswerk.
ArticleImage

Ons het hulle almal al gehad. Luidrugtige bure wie se honde onophoudelik blaf, mense wie se laat partytjies almal uit die slaap hou en bure wie se raserige ondernemings dit baie moeilik maak om van die huis af te werk of selfs net buite in jou eie tuin te ontspan.

Ons kyk na twee dele van hierdie probleem. As jou vriendelike versoek aan die bure nie enige resultate lewer nie, kan jy jou na die hof wend vir hulp. Wat moet jy bewys om 'n hofbevel te kry? Ons kyk na twee uiteenlopende gevalle. Een geval behels 'n voorstedelike dagsorgonderneming vir honde en die ander 'n gimnasium in die middestad.

Ons het ook 'n paar voorstelle vir jou as koper om probleme vooraf te identifiseer en te voorkom deur die “geraasrisiko” te ondersoek voordat jy ‘n eiendom koop.

   
lees meer
Direkteure, Skuldeisers – Wat gebeur met jou borgooreenkoms tydens en na afloop van Ondernemingsredding?
ArticleImage

Ondernemings in finansiële nood sal hulle toenemend tot sakeredding wend, soos wat die gevolge van die pandemie en onrusverwante ekonomiese verliese toeneem.

Skuldeisers sal wil weet of hulle aan die einde van hierdie proses steeds ‘n eis teen ‘n borg kan instel vir enige tekorte in die verhalings. Hulle sal wil seker maak dat ‘n borgakte nog steeds afdwingbaar gaan wees, selfs nadat die ondernemingsreddingsproses  tot ‘n einde gekom het.

'n Onlangse beslissing in die Hoogste Hof van Appèl het oor beide hierdie kwessies duidelikheid gebring.

   
lees meer
Webwerf van die maand: Meet en verbeter jou kreatiwiteit en bevoordeel jou besigheid.
ArticleImage

“Creativity is the key to success” (Abdul Kalam).

As jy dink aan ‘n suksesvolle entrepreneur, dan dink jy ook aan ‘n kreatiewe persoon. As jy jou eie vlakke van kreatiwiteit kan opstoot, kan dit net goed wees vir jou besigheid.

Die goeie nuus is dat jy wel jou kreatiwiteit kan verhoog. Begin met “The Divergent Association Task” hier – dit sal jou kreatiwiteit in vier minute vasstel. Beweeg dan verder na HuffPost se vyf aanbevelings vir kreatiwiteit in “Yes, You Can Train Yourself to Be More Creative. Here's How” hier.

 

UIT DIE HAT:

Heelparty   onbepaalde telwoord  taamlik baie, ‘n hele aantal; heelwat. Daar is heelparty woorde in Afrikaans wat dikwels met mekaar verwar word. Die nuwe stelsel het weens tegniese foute heelparty probleme opgelewer.      

   
www.idprok.co.za" imke@idprok.co.za www.idprok.co.za Map to our office
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews