Almal van ons moet ‘n testament hê, of jy nou jonk of oud, gesond of siek, welgesteld of minder welgesteld, getroud of ongetroud is.

Jou geliefdes sal ‘n reeks van wetlike en finansiële uitdagings moet hanteer, as jy “intestaat” (sonder ‘n geldige testament) te sterwe kom. 

Slegs deur ‘n geldige testament op te stel en te onderteken kan jy jou geliefdes teen hierdie uitdagings beskerm - 
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
SEPTEMBER 2015 NUUSBRIEF
Stel jou testament vandag nog op. Vier goeie redes om dit eerder vroeër as later te doen
Almal van ons moet ‘n testament hê, of jy nou jonk of oud, gesond of siek, welgesteld of minder welgesteld, getroud of ongetroud is.

Jou geliefdes sal ‘n reeks van wetlike en finansiële uitdagings moet hanteer, as jy “intestaat” (sonder ‘n geldige testament) te sterwe kom. 

Slegs deur ‘n geldige testament op te stel en te onderteken kan jy jou geliefdes teen hierdie uitdagings beskerm - 
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Koop en verkoop van eiendom. Die verband wat ons bind
ArticleImage
“Die prys van vrede is vooruitbetaalbaar, die van twis agterna.” C J Langenhoven

Hier hanteer ons weer ‘n geval van ‘n bestrede verkoopstransaksie wat in die Hoë Hof gaan draai het. Die dispuut was oor die regte interpretasie van die verbandklousule. Dit onderstreep weereens hoe belangrik dit is om die bedoeling van die partye duidelik in die woorde van die ooreenkoms uiteen te sit.
   
lees meer
Het jy jou PAIA handleiding ingedien? Die finale voldoeningsdatum is om die draai.
ArticleImage Ons het in Februarie 2012 melding gemaak van PAIA handleidings, oftewel inligtinghandleidings soos bedoel in die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (Promotion of Access to Information Act - PAIA). Hierdie inligtingshandleidings moet in die voorgeskrewe formaat voorberei, ingedien en gepubliseer word (ook op enige webwerf wat jy mag bedryf).

Elke besigheid moet hieraan voldoen. Dit maak nie saak hoe klein die besigheid is nie. Die definisie sluit in enige persoon of vennootskap en enige regspersoon, wat enige tipe handel, besigheid of professie bedryf.

Heelwat kleiner besighede het baat gevind by die verlenging van die sperdatum ter elfder uur vanaf 31 Augustus 2005 na 31 Desember 2011. Hierna is die voldoeningsdatum weer aangeskuif  na 31 Desember 2015. Indien jy een van hierdie ondernemings is (sien hieronder), dan geld die volgende vir jou - 
   
lees meer
Verhuurders En Ondernemingsredding – Ken Jou Regte
ArticleImage Ons Maatskappywet van 2008 het nuwe wetgewing oor Ondernemingsredding ingevoer. Dit is daarop gemik om enige maatskappy (ook beslote korporasies) wat finansiële probleme ervaar, waar moontlik, van ‘n totale ineenstorting en likwidasie te red. 

‘n Aangestelde ondernemingsreddingspraktisyn van ‘n maatskappy, wat aangestel is om die reddingsproses te hanteer, het byvoorbeeld die mag om enige van die maatskappy se verpligtinge vir die duur van die proses op te skort. ‘n Bestaande skuldeiser kan ook nie regstappe teen die maatskappy neem, sonder magtiging van die Hof of die toestemming van die ondernemingsreddingspraktisyn nie.

Wat staan die verhuurder dan te doen as sy huurder formeel in ondernemingsredding verkeer?
   
lees meer
Die September Webwerf: Bemark Jou Besigheid Met Regstreekse Video Uitsendings
ArticleImage Wanneer jy jou volgende bemarkingsgeleentheid beplan (groot of klein), moet jy dalk oorweeg om dit regstreeks uit te saai. Dink net aan die hupstoot en geloofwaardigheid wat dit aan die projek sal verleen. 

Die artikel van die Social Media Examiner “How to Use YouTube Live Streaming to Boost Your Exposure” gee vir jou stap-vir-stap instruksies om Google Plus en YouTube te gebruik teen geen koste en met goeie resultate. Daar is wel opsies waarvoor jy betaal en dit bied ook geleentheid vir positiewe resensies – byvoorbeeld, Livestream te https://livestream.com/ en UStream te http://www.ustream.tv/.

Let wel: Toets eers jou plaaslike breëbandspoed om seker te maak dat dit opgewasse is vir die taak, voordat jy jou hiertoe verbind.
   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews