2021 met die tendens vir mense om nou op enige plek te werk en te woon, is dalk die aangewese tyd om ’n huis te bou. Dit kan ‘n nuwe huis wees om in te woon/werk, of dalk ’n huis vir beleggings- of vakansie-doeleindes. 

Ongeag waarvoor die huis gebruik gaan word, moet beide boukontrakteurs en hul kliënte (die eienaars van die grond) verstaan hoe belangrik dit is om aan die voorskrifte van die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers te voldoen. Is dit voldoende vir ’n kontrakteur om by die Nasionale Huisbouers Registrasieraad (“National Home Builders Registration Council”, of “NHBRC”) geregistreer te wees? Wat gebeur indien jy nie die voorskrifte nakom nie?

Ons bespreek hierdie vrae met verwysing na ’n onlangse saak wat in die Hooggeregshof aangehoor is. Hier het ‘n bouer nie aan al die vereistes voldoen nie. Gevolglik is sy eis om vergoeding vir die bou van die huis afgewys.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Januarie 2021 NUUSBRIEF
Huisbou in 2021: Wees bewus van die risiko’s daaraan verbonde om die Nasionale Huisbouers Registrasieraad (“NHBRC”) se voorskrifte nie na te kom nie.
2021 met die tendens vir mense om nou op enige plek te werk en te woon, is dalk die aangewese tyd om ’n huis te bou. Dit kan ‘n nuwe huis wees om in te woon/werk, of dalk ’n huis vir beleggings- of vakansie-doeleindes. 

Ongeag waarvoor die huis gebruik gaan word, moet beide boukontrakteurs en hul kliënte (die eienaars van die grond) verstaan hoe belangrik dit is om aan die voorskrifte van die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers te voldoen. Is dit voldoende vir ’n kontrakteur om by die Nasionale Huisbouers Registrasieraad (“National Home Builders Registration Council”, of “NHBRC”) geregistreer te wees? Wat gebeur indien jy nie die voorskrifte nakom nie?

Ons bespreek hierdie vrae met verwysing na ’n onlangse saak wat in die Hooggeregshof aangehoor is. Hier het ‘n bouer nie aan al die vereistes voldoen nie. Gevolglik is sy eis om vergoeding vir die bou van die huis afgewys.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Afknouery in die werkplek – kan dit Konstruktiewe Ontslag wees?
ArticleImage Beide werkgewers en werknemers moet verstaan wat “konstruktiewe ontslag” behels.

Ons bespreek die betekenis daarvan, hoe dit in die praktyk voorkom en die drie aspekte wat bewys moet word om in jou eis te slaag. Ons kyk na ’n onlangse aangeleentheid wat deur die Arbeidshof aangehoor is. Hier het twee onderwysers van leerders met spesiale behoeftes uit hul poste bedank, waarna hulle die KVBA (“CCMA”) genader het om te beslis dat hulle onbillik ontlaan is.

Hierdie saak dien as ’n ongelukkige voorbeeld van afknouery in die werkplek en as ’n goeie les vir werknemers om eers “alle interne remedies uit te put” en om nie “gedurende die kennisperiode te werk” nie.”
   
lees meer
Probeer om nie in 2021 die slagoffer van ‘n Ponzi-Skema te word nie!
ArticleImage Die moontlikheid om “maklike geld” te maak is veral aantreklik in tye van ekonomiese omwenteling en finansiële onstuimigheid. Die misdadigers agter Ponzi en piramide skemas gaan ongetwyfeld die nuwe jaar met blye afwagting in.

Ons deel ‘n paar gedagtes oor waarom hierdie swendelaars so suksesvol is om selfs die beste van ons uit te vang. Ons verskaf ook ‘n nuttige grafiese uiteensetting van die belangrikste gevaartekens waarvoor jy moet uitkyk, en ‘n paar voorstelle om ander teen hierdie gevare te waarsku (insluitende jou personeellede indien jy ‘n werkgewer is).  

Wees bedag – jy wil nie in 2021 ‘n slagoffer word nie!
   
lees meer
Lewensmaats – ’n Testament en ’n Saamwoonooreenkoms is steeds nodig!
ArticleImage ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof wat aansienlike mediadekking geniet het, word as ’n groot oorwinning vir die regte van lewensmaats van die teenoorgestelde geslag beskou. In ’n neutedop, nadat die een lewensmaat “intestaat” gesterf het, het die Hof beslis dat die ander lewensmaat daarop geregtig was om in die boedel te deel, hoewel daar geen huwelik tussen hulle bestaan het nie. Met hierdie beslissing is bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging en die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades ongrondwetlik verklaar en die Grondwetlike Hof sal na alle verwagtig hierdie beslissing bekragtig. 

Die beteken egter nie dat lewensmaats moet nalaat om geldige testamente in plek te hê, of dat hulle moet saamwoon sonder ’n “saamwoon-ooreenkoms” nie. Ons bespreek waarom hierdie dokumente noodsaaklik is, nieteenstaande die Hof se uitspraak.
   
lees meer
Webwerf van die Maand: Begin ‘n Besigheid in 2021
ArticleImage Het die inperking van 2020 veroorsaak dat jy jou werk verloor het of dat jou besigheid te gronde gaan? Of het dit dalk vir jou ’n briljante idee vir ’n nuwe besigheid gegee? Ongeag, 2021 mag dalk net ’n jaar vol nuwe geleenthede wees vir dié wat hul eie besighede wil begin. As die opwinding en voordele van entrepreneurskap by jou aanklank vind, kyk gerus na “Starting a Business” op die Small Business Site se webwerf hier vir kontrolelyste en artikels soos hierdie –
  • “#20Lessons20Years”, 

  • “Small business compliance guide”,

  • “Where can I register my company in South Africa” en dies meer.
Jou heel eerste stap, soos altyd, is eers ’n besoek aan jou prokureur. Daar is belangrike regsvereistes om te oorweeg voordat jy kan begin sake doen. Jy sal vooraf moet besluit op die mees gepaste besigheidstruktuur waarin jy gaan sake doen (eenmansaak, vennootskap, maatskappy, trust, ens.).


Uit die HAT: 

Nuutgebore b.nw. pas gebore
; ‘n nuutgebore baba/demokrasie. 



   

ArticleImage

“Ons wil u graag hiermee ‘n gesonde, gelukkige en suksesvolle 2021 toewens.”




   

Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews