Het die inperking van 2020 veroorsaak dat jy jou werk verloor het of dat jou besigheid te gronde gaan? Of het dit dalk vir jou ’n briljante idee vir ’n nuwe besigheid gegee? Ongeag, 2021 mag dalk net ’n jaar vol nuwe geleenthede wees vir dié wat hul eie besighede wil begin. As die opwinding en voordele van entrepreneurskap by jou aanklank vind, kyk gerus na “Starting a Business” op die Small Business Site se webwerf hier vir kontrolelyste en artikels soos hierdie –
- “#20Lessons20Years”,
- “Small business compliance guide”,
- “Where can I register my company in South Africa” en dies meer.
Jou heel eerste stap, soos altyd, is eers ’n besoek aan jou prokureur. Daar is belangrike regsvereistes om te oorweeg voordat jy kan begin sake doen. Jy sal vooraf moet besluit op die mees gepaste besigheidstruktuur waarin jy gaan sake doen (eenmansaak, vennootskap, maatskappy, trust, ens.).
Uit die HAT:
Nuutgebore b.nw. pas gebore; ‘n nuutgebore baba/demokrasie.
|