|
Om eiendom in ‘n residensiële landgoed te koop kan ‘n uitstekende manier wees om ‘n veilige “droomhuis” vir jou en jou gesin te bekom. Die regte besluite hier kan vir jou ‘n waardevolle bate in die sak bring.
Jou eerste opsie is natuurlik om ‘n bestaande huis op die landgoed te koop. Jy kan ook ‘n leë erf op ‘n “plot-en-plan” of “koop-om-te-bou” basis koop. Die laasgenoemde opsie verleen meer buigsaamheid en dit kan ook meer waarde vir jou geld beteken indien jy die regte besluite neem.
Dit is belangrik om vertroud te wees met alle bouklousules in die kontrak. Maak seker dat dit moontlik sal wees om die erf te ontwikkel voor verstryking van enige sperdatums wat in die kontrak opgelê mag wees. ‘n Onlangse beslissing in die Hooggeregshof illustreer die risiko en finansiële kostes daaraan verbonde wanneer die sperdatums nie nagekom word nie.
|
|
|
|
Korrupsie benadeel elkeen van ons, in ons besighede sowel as in ons privaat lewens. Selfs dié van ons wat nie direkte slagoffers van tenderbedrog of omkopery is nie, ly ook onder die gevolge daarvan, insluitende die algemene verlies van vertroue en dalende beleggings in Suid-Afrika.
Ons kan dus moed skep uit twee onlangse uitsprake van die Hoogste Hof van Appèl in verband met korrupte politici en besighede in die Noord-Kaap. In die eerste saak is lang “miminum vonnis” tydperke van direkte tronkstraf bekragtig. In die tweede saak is die bestorwe boedel van ‘n politikus, wat tot sterwe gekom het gedurende haar strafsaak, beveel om die opbrengste wat sy op ‘n onregmatige wyse verkry het, aan die staat oor te betaal.
Lees verder vir besonderhede ...
|
|
|
|
Alhoewel eiendomsontwikkeling ‘n winsgewende besigheid kan wees, is daar ook aansienlike risiko’s hieraan verbonde. Een daarvan is kontantvloeiprobleme – indien jou vooruitskattings nie akkuraat is nie, kan jy jouself in ‘n ernstige finansiële verknorsing bevind.
Dit is daarom belangrik om bewus te wees van ‘n onlangse uitspraak van die Appèlhof waar SARS ‘n inkomstebelasting-aanslag van R1,9 miljoen aan ‘n ontwikkelaar uitgereik het. Die ontwikkelaar het die erwe in een belastingjaar verkoop, maar hy is eers die volgende jaar met die oordrag van die eiendomme betaal. Was dit toelaatbaar om die inkomste eers in die tweede belastingjaar te verklaar?
Die Hof se beslissling hou ernstige kontantvloei gevolge in vir ontwikkelaars wat hulle in ‘n soortgelyke situasie bevind.
|
|