|
Indien jy ‘n spaarkamer, vakansiehuis, woonstel of enige soort residensiële eiendom beskikbaar het om te verhuur, oorweeg dit gerus om die aanlyn platform Airbnb te gebruik.
Airbnb is nou meer gewild as ooit te vore en jy kan jou inkomste aansienlik verhoog.
Hou egter drie belangrike faktore in gedagte. Ons begin by die belastingimplikasies ...
|
|
|
|
Ons koop en verkoop daagliks dinge. Ons neem ook geredelik aan dat die risiko van beskadiging of vernietiging, eers op ons sal oorgaan wanneer ons eienaar daarvan word.
Dit is egter nie altyd die geval nie. Jy kan aansienlike verliese in die gesig staar as jy onbewus daarvan is dat ons reg die oordrag van eienaarskap en die oordrag van risiko as twee verskillende konsepte hanteer. Dikwels geskied dit ook nie gelyktydig nie.
Ons bespreek die geval van ‘n buffel wat vir R1 miljoen verkoop is. Voor aflewering aan die koper gaan die buffel dood. Wie dra die verlies in so ‘n geval?
|
|
|
|
“Everybody got to pay their dues” het Rodriquez in die sewentigerjare gesing.
Tot onlangs was eiendomsverkopers op risiko om te veel eiendomsbelasting oor te betaal. Voordat jy jou eiendom aan ‘n koper kan oordra, moet jy ‘n uitklaringsertifikaat van jou munisipaliteit verkry wat bevestig dat jou munisipale belasting betaal is. Op daardie punt vra die munisipaliteit terselftertyd vir ‘n vooruitbetaling van belasting.
Ons kyk na ‘n onlangse uitspraak van die Appèlhof waar ‘n verkoper R1 miljoen se toekomstige belasting betaal het en toe vir die terugbetaling daarvan gedagvaar het.
|
|