|
Hier is ‘n onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl wat vir alle skole, ouers en leerders van belang is. Die saak handel oor ‘n skool se poging om ‘n ouerkontrak te kanselleer nadat die ouers oor ‘n periode van agt maande ‘n ondraaglike atmosfeer in die skool geskep het met hul slegte gedrag en hul gevloek en geskree, meestal langs die sportveld by skoolbyeenkomste. Dit sou inhou dat hul kinders inderwaarheid uit die skool geskors sou word.
Die Hof het die skool se kontrak en optrede opgeweeg teen die skool se grondwetlike verpligtinge teenoor beide die leerders. Die regte van ander belanghebbende partye is ook opgeweeg. Die oorheersende beginsel is dat die belange van die kind altyd die hoogste prioriteit gaan geniet.
|
|
|
|
Om slegte skuld af te skryf is een ding. Om daarna nog geld te moet inbetaal vir daardie “voorreg” is ‘n bitter pil.
Dit is egter die gevaar wat jy loop indien een van jou skuldenaars gesekwestreer of gelikwideer word (ons begin deur hierdie verskillende terminologie te verduidelik) en jy ‘n eis bewys sonder om die “gevaar van kontribusie” te oorweeg.
Wat is dit? Hoe ontstaan dit? Wat as jy die skuldeiser was wat die hofaansoek gebring het? Het jy dalk sekuriteit vir jou eis? Hoe kan jy jouself daarteen beskerm? Lees verder vir die antwoorde...
|
|
|
|
Dit is ‘n algemene probleem in vandag se tyd. Jy, of dalk iemand wat jy probeer help, wil eiendom aankoop voordat eiendomspryse weer die hoogte inskiet. Julle is gelukkig en vind daardie gepaste “eerste huis” teen die regte prys. Maar jy (of hulle) kan dit eenvoudig nie bekostig nie.
Moenie moed verloor nie, daar is nog hoop. Die regering se FLISP subsidie het ten doel om huiseienaarskap ‘n hupstoot te gee deur te help met bekostigbaarheid. Met die subsidie kan verbandpaaiemente verlaag word om dit meer hanteerbaar te maak, of dit kan die kontantkomponent van die koopprys verhoog.
Ons kyk na wie hiervoor kwalifiseer, hoeveel hulle kan kry, en watter tipe eiendom hulle daarmee kan aankoop.
|
|