Om jou eerste huis te koop, is altyd ‘n opwindende tyd in jou lewe. Daar is niks wat hiermee vergelyk nie en dit bly ‘n belangrike stap in jou lewe.
Voorbereiding is hier belangrik. Dit is nie iets wat jy holderstebolder aanpak nie.
Vat jou tyd en doen deeglike beplanning. Ons kyk na die belangrikste aspekte. Hoe moet jy begroot, hoeveel kontant gaan jy benodig, hoe kan jy die regte woning identifiseer? Laastens maar nie die minste nie – hoe moet jou aanbod daarna uitsien sodat jy nie in ‘n slaggat beland nie?