Ons gaan almal een of ander tyd tot sterwe kom. Ons moet binne ons vermoëns self vir ons naasbestaandes sorg en reëlings tref vir wanneer ons nie meer hier gaan wees nie.  Dit is egter menslik om weg te skram van ons sterflikheid. Ons kan ook nie altyd die nodige tyd in ons besige skedules vind om hieraan aandag te gee nie. Hierdie artikel handel oor die een aspek wat wel jou onmiddellike optrede benodig. Maak seker dat jy ‘n testament het wat op datum is. Ons kyk na die gevolge as jy dit nie doen nie, wat met jou bates gebeur as jy sonder ‘n testament sterf, na die onnodige moeite wat jy op jou gesin plaas as jy nie ‘n professioneel opgestelde testament laat opstel en onderteken nie.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
September 2018 NUUSBRIEF
Het jy ‘n testament nodig?
Ons gaan almal een of ander tyd tot sterwe kom. Ons moet binne ons vermoëns self vir ons naasbestaandes sorg en reëlings tref vir wanneer ons nie meer hier gaan wees nie.  Dit is egter menslik om weg te skram van ons sterflikheid. Ons kan ook nie altyd die nodige tyd in ons besige skedules vind om hieraan aandag te gee nie. Hierdie artikel handel oor die een aspek wat wel jou onmiddellike optrede benodig. Maak seker dat jy ‘n testament het wat op datum is. Ons kyk na die gevolge as jy dit nie doen nie, wat met jou bates gebeur as jy sonder ‘n testament sterf, na die onnodige moeite wat jy op jou gesin plaas as jy nie ‘n professioneel opgestelde testament laat opstel en onderteken nie.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Koop jou eerste huis – jy benodig ‘n aksieplan
ArticleImage
Om jou eerste huis te koop, is altyd ‘n opwindende tyd in jou lewe. Daar is niks wat hiermee vergelyk nie en dit bly ‘n belangrike stap in jou lewe. 

Voorbereiding is hier belangrik. Dit is nie iets wat jy holderstebolder aanpak nie. 

Vat jou tyd en doen deeglike beplanning. Ons kyk na die belangrikste aspekte. Hoe moet jy begroot, hoeveel kontant gaan jy benodig, hoe kan jy die regte woning identifiseer? Laastens maar nie die minste nie – hoe moet jou aanbod daarna uitsien sodat jy nie in ‘n slaggat beland nie?
   
lees meer
Arrestasie en aanhouding vir Dronkbestuur: Skadevergoeding as gevolg van Seksuele aanranding tydens aanhouding
ArticleImage
Ons kyk na ‘n onlangse geval wat in die Appèlhof aangehoor is. ‘n Bestuurder is gearresteer. Alhoewel borg aan hom toegeken is, is hy as gevolg van ‘n administratiewe oorsig vir ‘n naweek onder polisiebewaring in die polisieselle aangehou. Ongelukkig is hy in die selle deur ‘n groep mans verkrag. Hy het ‘n eis teen die polisie ingestel vir die traumatiese gebeure. Hy was suksesvol met sy eis en skadevergoeding is aan hom toegeken. Ons howe is konserwatief met die toekennig van vergoeding. ‘n Mens kan ook met reg vra ook of enige vorm van monetêre vergoeding ooit voldoende kan wees in ‘n tragiese geval soos hierdie?
   
lees meer
“Jy word afgedank” teenoor “Nee, ek bedank” – wie is reg?
ArticleImage
Wat staan jou te doen as ‘n werknemer wat ernstig oortree het, die dissiplinêre proses omseil deur te bedank?

Volgens ‘n beslissing van die Arbeidshof wat in 2016 gelewer is, is die werknemer buite die bereik van die werkgewer sodra die werknemer met onmiddellike effek bedank het.

Onlangs het die Arbeidshof weer die teendeel bevind. Ons kyk na die nuutste uitspraak en die gevolge wat dit vir ‘n werknemer inhou wat van ‘n dissiplinêre verhoor wil ontkom. Hoe kan jy die oortreder lank genoeg in diens hou sodat hy na afloop van ‘n verhoor vir wangedrag afgedank kan word.
   
lees meer
Jou webwerf van die maand: Slaap soos ‘n (groot) baba
ArticleImage
Sonder voldoende slaap kan jy nie jou beste gee nie. Swak slaapgewoontes kan selfs die risiko van latere demensie en Alzheimers verhoog. 

Onlangse navorsing hieroor het onverwagse resultate gelewer. Dit blyk dat senior uitvoerende beamptes die beste slaap inkry van alle groepe wat aan die navorsing deelgeneem het. Hoe meer senior die posbeskrywing, hoe beter die slaapgewoontes. Hoe is dit moontlik? Ons verwys julle na ‘n artikel wat die redes ondersoek en wat wenke gee oor hoe om saam met die hoogste bome ’n goeie en gesonde nagrus te geniet.
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews