Soms is dit nodig om te dagvaar ten einde jou regte af te dwing. Indien jy dan as oorwinnaar kan wegstap, sal jy jou verheug in hierdie besluit. Ongelukkig is litigasie nie kinderspeletjies nie. Buiten die koste, vertragings en stres daarvan om jou pad deur die howe te baklei, sal jy die risikofaktore reeds vooraf so veel as moontlik wil beperk. So indien jou opponent se weergawe van gebeure totaal van joune verskil, sal jy gerusstelling wil verkry dat jou weergawe waarskynlik sal seëvier.
Hoe kan jy voorspel na watter kant toe die howe sal leun met teenstrydige weergawes? Ons verduidelik, na aanleiding van ‘n interessante Hooggeregshof geskil. Hier moes die hof beslis oor die vraag of ‘n (relatief goedkoop) Jaguar XF, op bedrieglike wyse deur ‘n handelaar verkoop is as ‘n (aansienlik duurder) Jaguar XFR.
|