Om jou huis plot en plan te koop hou besliste voordele vir jou in. Daar is ‘n paar belangrike aspekte om in gedagte te hou.
Daar mag ‘n verpligting op jou rus om binne ‘n sekere tydperk te begin bou of selfs klaar gebou te wees. Doen jy dit nie, kan boeteheffings jou voorland wees. Daar mag selfs ‘n meer drastiese gevolg wees, soos ‘n voorbehoudsreg wat die verkoper die geleentheid gee om die eiendom weer terug te koop en weer oordrag te neem. Ons kyk na ‘n saak wat onlangs in die Appèlhof aangehoor is. Dit illustreer die risiko vir die koper as hy nie binne die voorgeskrewe periode bou nie. Dit wys ook dat ’n ontwikkelaar se eis kan verjaar as daar nie betyds opgetree word nie.
|