Ons weet almal dat ons 'n geldige, bygewerkte testament in plek moet hê. Dit is die beste manier om ons geliefdes se belange te beskerm, vir wanneer ons nie meer hier is nie.

Die lewe kan gejaagd wees, en om ons eie weerloosheid te oordink is 'n neerdrukkende oefening op die beste van tye. Daarom is dit 'n taak wat baie maklik op ons prioriteitslys afgeskuif word en dalk nooit die bopunt bereik nie. Totdat dit dan te laat is.

In ‘n tragiese geval is ‘n Ma oorlede voordat haar opdrag aan haar bank om ’n behoorlike testament vir haar op te stel, uitgevoer kon word. Hierdie saak illustreer die gevaar om te dink “dit kan maar wag”. Dit kan nie…

 


Teken aan
Matthews Enslin Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
September 2022 NUUSBRIEF
Jou testament kan nie wag nie: die Ma wat te lank geneem het.

Ons weet almal dat ons 'n geldige, bygewerkte testament in plek moet hê. Dit is die beste manier om ons geliefdes se belange te beskerm, vir wanneer ons nie meer hier is nie.

Die lewe kan gejaagd wees, en om ons eie weerloosheid te oordink is 'n neerdrukkende oefening op die beste van tye. Daarom is dit 'n taak wat baie maklik op ons prioriteitslys afgeskuif word en dalk nooit die bopunt bereik nie. Totdat dit dan te laat is.

In ‘n tragiese geval is ‘n Ma oorlede voordat haar opdrag aan haar bank om ’n behoorlike testament vir haar op te stel, uitgevoer kon word. Hierdie saak illustreer die gevaar om te dink “dit kan maar wag”. Dit kan nie…

lees meer


Gesamentlike besit van eiendom – die voordele, die gevare en moontlike oplossings.
ArticleImage

Eiendom kan baie meer bied as net 'n dak oor jou kop - dit kan ook 'n uitstekende belegging vir jou, jou gesin en jou besigheid wees. Eiendom word egter al hoe duurder, en vir sommige eerste kopers is een manier om dit binne hul bereik te bring, om hulpbronne saam te voeg en om eiendom saam met 'n vriend of ‘n vennoot te koop.

Gesamentlike eienaarskap sal by baie paartjies en sakevennote aanklank vind as 'n praktiese manier om in 'n eiendom se koste en potensiaal te deel. Wees bedag, daar is ook risiko's hieraan verbonde.

Ons bespreek die twee tipes mede-eienaarskap en die inherente risiko's van enige vorm van gesamentlike eienaarskap. Ons kyk na maniere om hierdie risiko's te verminder. ‘n Onlangse Hooggeregshofsaak waar vennote in ‘n romantiese verhouding verskil het oor die eiendom wat hulle 50/50 besit het, veral nadat hulle verhouding beëindig is, illustreer vir ons die uitdagings. 

   
lees meer
Ons sien mekaar in die hof! Wat kos dit om iemand te dagvaar?
ArticleImage

Die beste manier om geskille te besleg, is deur onderhandeling en kompromie. Daar is egter sekere gevalle wanneer jy met geen ander keuse gelaat word as om jou teenstander hof toe te neem nie.

Ons weet almal dat litigasie ‘n duur en tydsame proses kan wees. Maak dus seker dat jy die stryd met oop oë aandurf. Selfs al wen jy jou saak, gaan jy ten minste 'n gedeelte van jou eie regskostes self moet betaal. Indien jy die saak verloor, loop jy die risiko dat  jy ‘n gedeelte van die teenkant se regskostes betaal, afgesien van jou eie regskostes.    

Ons kyk na die beginsel dat regskostes gewoonlik die uitslag van die litigasie volg en die beperkings hiervan. Ons oorweeg ook die drie kategorieë van regskostes en wat dit prakties vir jou sal beteken.

   
lees meer
Dit is nie maklik om 'n huis in eksekusie te verkoop nie (selfs al is die eienaar 'n trust).
ArticleImage

Hierdie artikel is vir jou belangrik indien jy op die punt staan om aan iemand geld te leen (of sake met iemand te doen) wat vir jou sê: "Moenie so bekommerd wees nie, ek sal jou terug kan betaal, ek besit 'n waardevolle huis." Of dalk het jy 'n eis teen 'n wanbetalende skuldenaar en het jy uiteindelik daarin geslaag om ‘n hofbevel te verkry in terme waarvan jy die skuldenaar se huis kan verkoop. Miskien is daar ‘n kans dat die huis waarin jy, 'n vriend of familielid woon, in eksekusie verkoop kan word. Indien die eiendom deur ‘n trust besit word is hier ander oorwegings wat jy in gedagte moet hou.  Dit sal ook vir jou relevant wees indien jy wonder of jy ’n residensiële eiendom eerder in jou eie naam of in ’n trust of in ‘n maatskappy moet koop.

Ons kyk na 'n onlangse uitspraak van die Appèlhof (HHA) en bespreek waarom 'n vonnis teen 'n skuldenaar jou nie outomaties in staat stel om die eiendom in eksekusie te verkoop nie; selfs al word die huis deur 'n trust of 'n maatskappy besit.

   
lees meer
Webwerf van die Maand: Sewe stappe om 'n suksesvolle verhuurder te word.
ArticleImage

“Landlords grow rich in their sleep” (John Stuart Mill)

Om eiendom uit te verhuur en sodoende ‘n passiewe inkomste te verdien, kan vir jou aansienlike welvaart genereer. Dit klink na ‘n sinvolle voorstel. Maak net seker dat jy presies weet wat jy doen voordat jy enige haastige besluite neem. Kyk gerus na die artikel “From homeowner to landlord: how to make it work" op Tech4Law, wat kyk na ses belangrike stappe om te verseker dat jy die maksimum uit jou belegging verkry.

Ons wil ook 'n sewende (kritiese) stap byvoeg, naamlik dat hoe vroeër in die proses jy jou prokureur vir advies vra, hoe beter. Jou prokureur is die regte persoon om al die regsaspekte met jou deur te gaan en te verduidelik, om seker te maak dat die papierwerk in orde is, en om jou te help om die voordele te maksimeer en om jou risiko's te beperk.

 

Uit die HAT:

maksimaliseer ww. Ook maksimeer: tot die maksimum opvoer/verbeter. Maksimalisering/ maksimering.    

   
         
 

Suite D1
Westlake Square
1 Westlake Drive
TOKAI, 7945


 Tel:  021 702 3070
Email:  info@matthewsenslin.com
Website: www.matthewsenslin.com

 
         

Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews