Die Feesseisoen is bekend as ‘n bedrywige tyd vir die eiendomsmark. Dit blyk reeds dat vanjaar geen uitsondering hierop sal wees nie. As jy dit oorweeg om hierdie Feesseisoen eiendom te koop of te verkoop, moet jy die belangrike regsaspekte deurentyd in gedagte hou.  

Daar is baie slaggate waarin jy kan trap indien jy nie op die risiko’s bedag is nie. Moet ook nie oorhaastige besluite neem nie en kry eers behoorlike advies voordat jy enigiets onderteken. 

Ons kyk na 12 redes waarom dit noodsaaklik is om jou prokureur so gou as moontlik by die transaksie te betrek. Gebruik ons kontrolelys om seker te maak dat jy al die belangrike aspekte dek. 
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Desember 2020 NUUSBRIEF
Voordat jy eiendom koop of verkoop hierdie Feesseisoen...
Die Feesseisoen is bekend as ‘n bedrywige tyd vir die eiendomsmark. Dit blyk reeds dat vanjaar geen uitsondering hierop sal wees nie. As jy dit oorweeg om hierdie Feesseisoen eiendom te koop of te verkoop, moet jy die belangrike regsaspekte deurentyd in gedagte hou.  

Daar is baie slaggate waarin jy kan trap indien jy nie op die risiko’s bedag is nie. Moet ook nie oorhaastige besluite neem nie en kry eers behoorlike advies voordat jy enigiets onderteken. 

Ons kyk na 12 redes waarom dit noodsaaklik is om jou prokureur so gou as moontlik by die transaksie te betrek. Gebruik ons kontrolelys om seker te maak dat jy al die belangrike aspekte dek. 
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Wat moet jy bewys om ‘n Trustee te kan verwyder?
ArticleImage Meningsverskille tussen trustees oor hoe om die trust en trustbates te administreer en te bestuur, sal noodwendig van tyd tot tyd tussen trustees ontstaan. Indien daardie meningsverskille egter in so ‘n mate eskaleer dat die trustees nie langer kan saamwerk nie, en indien pogings om ‘n trustee op ‘n vreedsame wyse te verwyder, misluk, mag dit nodig wees om die Hooggeregshof te nader om ‘n trustee te verwyder. 

Wie is by magte om so ‘n aansoek by die hof te doen? En wat sal jy moet bewys vir jou aansoek om sukselvol te wees? Ons bespreek die bepalende toets, soos toegepas in ‘n onlangse aangeleentheid in die Appèlhof. Hier was daar aansienlike bates betrokke, en aantygings van kriminele en onderdrukkende gedrag, vendettas, en botsings van belange was aan die orde van die dag.
   
lees meer
Grootouers – Wanneer moet Oupa of Ouma onderhoud betaal?
ArticleImage Hoeveel grootouers is bewus daarvan, of beplan vir potensiële regsaanspreeklikheid om onderhoud vir kleinkinders te betaal totdat die kleinkinders self-onderhoudend word? 

Dit is ‘n belangrike oorweging om in gedagte te hou. Baie grootouers het reeds afgetree, of is besig om hul aftrede te beplan. Die moontlikheid dat jy jou kleinkind moet onderhou, moontlik vir dekades, kan kommerwekkend wees.

Ons kyk na hoe en wanneer jy dalk aanspreeklik gehou kan word. Ons verwys na ‘n uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl waar ‘n oorlede oupa se bestorwe boedel onderhewig was aan ‘n onderhoudseis ten gunste van sy volwasse kleindogter.
   
lees meer
Kannabis in die Werkplek: Mag jy die werknemer Afdank?
ArticleImage Dit is nou twee jaar nadat die Grondwetlike bevestig het dat kannabis wel vir private gebruik gekweek kan word. Dit kan ook in private wonings gehou en gebruik word. Daar is werkgewers wat die situasie moet hanteer wanneer hul werknemers by die werk opdaag terwyl hulle onder die invloed van kannabis is. Wat is die impak van hierdie beslissing? Mag ‘n werkgewer optree teen so ‘n werknemer? Is afdanking ‘n gepaste straf?

Nuusdekking oor ‘n onlangse beslissing van die KVBA (Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie) (“CCMA”) het verkeerdelik die indruk geskep dat werknemers nou vrye teuels het met die gebruik van kannabis. Dit is beslis nie die geval nie. Ons kyk na hoe hierdie situasie hanteer moet word en ons oorweeg die twee teenstrydige uitsprake van die KVBA – een in 2018 en een in hierdie jaar.
   
lees meer
Webtuistes vir die Feesseisoen: Veilige Vakansies, Ontwyk die Gevare, en Laastens: Iets heel anders!
ArticleImage Met 2020 (‘n jaar met vele uitdagings) wat nou vinnig tot ‘n einde snel, verdien ons almal ‘n blaaskans.

Geniet die Feesseison met die minimum risiko’s en die maksimum pret.  Hier is ‘n verskeidenheid van ontspannende webtuistes. Dit sluit in “Hoe om veilig met vakansie te gaan”, ‘n interaktiewe grafiese voorstelling van hoe die Coronavirus versprei word (vanaf Spanje, ‘n land wat baie vinnig alles moes leer van ons gemeenskaplike vyand, en ‘n mengsel van interessante en ongewone webtuistes soos SAID se “Belasting kan pret wees!” (weet nie so mooi van dit nie).
   
lees meer

ArticleImage
Dankie vir jou ondersteuning in 2020. 

Ons wens jou ‘n Wonderlike Feesseisoen toe en ‘n Gelukkige en Voorspoedige 2021.

Geniet die ruskans wat nou om die draai is!

   

Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews