|
From Road Accidents to Medical Malpractice / Prokureurs “gedwing” om fokus te verskuif
Oor die laaste paar jaar het dit algemeen geword om in en oor nasionale media advertensies te sien en te hoor van regsfirmas wat hul dienste as “Personal Injury Lawyers” aan die publiek opdis, met wyduiteenlopende aansprake en beloftes.
The increasing number of medical malpractice litigation claims has been described as an ‘explosion’ by Health Minister Dr Aaron Motsoaledi, who warns that the compassion-based practice of medicine is being replaced by defensive medicine and mistrust.
Volgens 'n Health24-verslag sukkel provinsiale gesondheidsdepartemente om gesondheidsorgdienste te verskaf terwyl hulle miljarde aan eise teen hulle moet betaal. Ook in die private sektor word mediese spesialiste gekonfronteer met buitensporige mediese versekeringspremies, wat veroorsaak dat gesondheidsorgkoste styg wat die winsgewendheid van sulke praktyke beïnvloed. Verlede jaar is berig dat die Gautengse Gesondheidsdepartement sedert Januarie 2015 ten minste R1 miljard in regsgedinge betaal het, terwyl die Oos-Kaap die uitbetalings van R14 miljard in die gesig staar.
Volgens media berigte het Justin Malherbe, ‘n senior assosiaat by die internasionale regsfirma, Norton Rose Fulbright, gesê dat daar verskeie redes vir die toename in mediese eise bestaan, insluitende 'n toename in openbare bewustheid van pasiënte se regte, tesame met onophoudelike en doelbewuste bemarking deur persoonlike beserings-prokureurs wat graag wil kapitaliseer uit die bewusmaking. Hy lê ook van die blaam voor die deur van wysigings aan SA wetgewing, soos die Padongeluksfonds-wetgewing (RAF). Hy argumenteer dat skadevergoedingseise vir persoonlike besering tydens 'n motorvoertuigongeluk nou minder winsgewend vir prokureurs is, wat veroorsaak dat sommige hul na ander vorme van persoonlike beserings wend soos mediese wanpraktyk. Volgens die berig het hy benadruk dat progressiewe intervensies gevind moet word om die gety van litigasie te stuit. Daar sal volgens hom tydens die Etiek-, Menseregte- en Mediese Regskonferensie by die Afrika gesondheid-konferensie en kongres 2018 by die Gallagher-konferensiesentrum van 29 tot 31 Mei vanjaar na moontlike oplossings gesoek word.
It has come to light that medical negligence claims cost the Gauteng Health Department R521 million between January 2017 and March 2018, says TimesLIVE. This is related to 138 cases, but the department is facing a further 1 597 cases involving more than R22 billion before the courts. This was revealed by Gauteng Health MEC Gwen Ramokgopa in response to questions by DA shadow health MEC Jack Bloom, who was concerned the claims would cost close to half of the department's R46.4 billion budget. The claims relate to neonatal deaths, hypoxic ischemic encephalopathy, obstetrics and gynaecology, post-Caesarean section sepsis, orthopaedic and surgical anaesthetics, and patient falls. Bloom said there should be consequences for negligent hospital staff who should be 'properly disciplined'. According to Ramakgopa, almost all hospitals are affected by medico-legal claims. The department's freeze on new medical appointments is hindering the ability of hospitals to provide quality health care, Bloom said.
Ons glo dat daar inderdaad maniere gevind moet word om ons dokters en hospitale te beskerm teen alle vorme van eise, maar die antwoord sal ‘n samewerking moet wees tussen regslui, die gesondheidsdepartemente van nasionale en provinsiale regerings, asook verteenwoordigers van die versekerings-industrie.
Groete / Regards.
Hennie & Eberhard
|
|
|