Indien jy beplan om die Kersseisoen tot jou voordeel te gebruik om jou huis te verkoop, sal jou eerste prys natuurlik wees om die beste koper so spoedig moontlik teen die beste prys te vind. Hoewel geluk altyd ‘n rol sal speel, kan jy ook tot ‘n groot mate jou eie geluk skep.

Ons bespreek die twee elemente van ‘n “gelukkige verkoop” en deel ‘n paar idees oor hoe om die grootste moontlike voordeel daaruit te trek. Daar behoort hierdie jaar ‘n aansienlike hoeveelheid gekwalifiseerde kopers te wees. Die rentekoerse is laag en Desember is altyd ‘n bedrywige tyd in die eiendomsmark.

Hierna deel ons 12 wenke oor hoe om regtens en prakties vir jou “gelukkige verkoop” voor te berei.

 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
 
 
Desember 2021 NUUSBRIEF
Huisverkoop: Hoe om jul huis hierdie Kersseisoen te verkoop

Indien jy beplan om die Kersseisoen tot jou voordeel te gebruik om jou huis te verkoop, sal jou eerste prys natuurlik wees om die beste koper so spoedig moontlik teen die beste prys te vind. Hoewel geluk altyd ‘n rol sal speel, kan jy ook tot ‘n groot mate jou eie geluk skep.

Ons bespreek die twee elemente van ‘n “gelukkige verkoop” en deel ‘n paar idees oor hoe om die grootste moontlike voordeel daaruit te trek. Daar behoort hierdie jaar ‘n aansienlike hoeveelheid gekwalifiseerde kopers te wees. Die rentekoerse is laag en Desember is altyd ‘n bedrywige tyd in die eiendomsmark.

Hierna deel ons 12 wenke oor hoe om regtens en prakties vir jou “gelukkige verkoop” voor te berei.

lees meer


As ‘n klant in ‘n winkel val, wanneer kan die winkel gedagvaar word vir skadevergoeding?
ArticleImage

Daar is min dinge wat ‘n winkeleienaar se hart so bly maak as die Feesseisoen aanbreek. Stampvol winkelsentrums, vrolike massas op soek na die perfekte geskenk, feestelike versierings en spesiale kosse. Meer mense bring natuurlik ook ‘n verhoogde risiko van klante wat “glip of gly”.

Die eerste linie van verdediging is om jou oë oop te hou vir water en plassies op die vloer of ander gevare. Indien jy een van die ongelukkiges is wat in ‘n winkel beseer word, kan jy die winkel dan dagvaar? Wat gebeur indien die winkel of die sentrum oral vrywaringskennisgewings op het wat bepaal dat “Toegang tot hierdie winkel is in geheel op eie risiko”? As ‘n winkel- of winkelsentrumeienaar, wat kan jy doen om jouself teen enige eise te beskerm?

Ons oorweeg hierdie vrae aan die hand van ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof. Hier het die Hof skadevergoeding aan ‘n moeder toegestaan, nadat sy op nat teëls gegly en geval het. Sy het haar val met haar arm gestuit en in die proses haar elmboog gebreek terwyl sy haar baba in haar arms beskerm het.

   
lees meer
Moenie dat vertragings by die Meesterskantoor jou gesin in ‘n finansiële verknorsing laat nie
ArticleImage

Wanneer jy tot sterwe kom, kan jou naasbestaandes dalk tydelik kontantvloeiprobleme in die gesig staar. Jy kan wel nou reeds pro-aktiewe stappe neem sodat hulle toegang tot genoeg fondse sal hê om te verseker dat hulle gemaklik kan lewe tot tyd en wyl jou boedel afgehandel is.

Hou in gedagte dat toegang tot jou bankrekeninge en sommige ander bates vir ‘n tyd gevries gaan word. Vir ‘n onbepaalde tyd sal daar nie uit jou boedel fondse beskikbaar wees vir jou gesin se behoeftes nie. Jou aangewese eksekuteur is ook nie by magte om enigiets te doen totdat hy of sy amptelik deur die Meester van die Hooggeregshof aangestel en gemagtig word nie.

Hierdie aanstellings was nog altyd ‘n bron van vertragings, maar die vertragings word al hoe erger. Ons deel ‘n paar idees oor hoe om jou gesin van finansiële bekommernis na jou afsterwe te beskerm.

   
lees meer
PAIA Handleidings en die Sperdatum van 31 Desember 2021: Vals alarm, of is dit hierdie keer die ware Jakob?
ArticleImage

‘n Sperdatum is weereens gestel vir alle sakeondernemings, insluitende dié wat tans daarvan vrygestel is, om hul PAIA (Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, oftewel die “Promotion of Access to Information Act”) Handleidings voor te berei en in te dien.

Hierdie keer is die sperdatum 31 Desember 2021. Baie besigheidseienaars is in die versoeking om dit af te maak as nog ‘n vals alarm van die regering se kant af. Maar dit is waarskynlik nie ‘n goeie idee nie. Daar is hierdie keer aanduidings dat die sperdatum nie weer op nommer 99 uitgestel gaan word, soos wat voorheen die geval was nie.

Ons deel ‘n paar gedagtes oor waarom dit waarskynlik die geval is, en ook waarom selfs indien ‘n verdere uitstel toegestaan word, jy dit moet oorweeg om in elk geval nou reeds hieraan te voldoen. 

   
lees meer
Jou Webwerf van die Maand: Hoe om spioenware op jou selfoon te vind en te verwyder
ArticleImage

Oorweeg vir ‘n oomblik die omvang van skade wat ‘n kubermisdadiger, ‘n nywerheidspioen, of selfs ‘n kwaadwillige bekruiper (“stalker”) of ‘n wraaksugtige eks-werknemer kan aanrig indien hulle daarin slaag om spioenware op jou selfoon te installeer – beide aan jou persoon en aan jou besigheid.

Vir die meeste van ons, is dit ‘n vreesaanjaende gedagte wat onmiddellike aksie vereis. Maar wat kan jy doen? En hoe doen jy dit?

Ons verwys jou na ‘n artikel wat bevestig dat die gevaar van spioenware op jou selfoon ‘n realiteit is. Die artikel verduidelik wat spioenware is, dit lys al die gevaartekens van ‘n “infeksie”, en dit beveel ook die stappe aan wat onmiddellik geneem moet word om jouslf te beskerm…

   
lees meer

ArticleImage
Dankie vir jou ondersteuning in 2021. 

Ons wens jou ‘n Wonderlike Feesseisoen toe en ‘n Gelukkige en Voorspoedige 2022.

Geniet die ruskans wat nou om die draai is!

   

Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews