Lastige bure is 'n eeue-oue probleem wat steeds algemeen voorkom. Al te dikwels ontvou geringe geskille tot ’n ernstige oorlog tussen die bure. Dit kan uiteindelik tot onsmaaklike en duur litigasie lei.

Baie van ons is tans tot ons wonings beperk. Dit is ’n tyd van spanning en verhoogde stresvlakke en selfs die geringste irritasies het die potensiaal om handuit te ruk.

Kom ons kyk na wat jou in so ’n geval te doen staan. Wat is jou regte? Hoe kan jy verhoed dat jy by ’n langdurige struweling met jou bure ingetrek word? Ons bespreek ’n paar algemene beginsels en kyk na hoe dit in die praktyk toegepas word. Ons kyk ook na ’n paar situasies wat gereeld opduik. Dit sluit klagtes oor geraas en geskille oor bome in. Ons bespreek ook die geval van die lastige poue en ook die kersieboom wat gevaar loop om afgekap te word.
 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Junie 2020 NUUSBRIEF
Inperking! Bure wat ’n oorlas veroorsaak en hoe om dit te hanteer
Lastige bure is 'n eeue-oue probleem wat steeds algemeen voorkom. Al te dikwels ontvou geringe geskille tot ’n ernstige oorlog tussen die bure. Dit kan uiteindelik tot onsmaaklike en duur litigasie lei.

Baie van ons is tans tot ons wonings beperk. Dit is ’n tyd van spanning en verhoogde stresvlakke en selfs die geringste irritasies het die potensiaal om handuit te ruk.

Kom ons kyk na wat jou in so ’n geval te doen staan. Wat is jou regte? Hoe kan jy verhoed dat jy by ’n langdurige struweling met jou bure ingetrek word? Ons bespreek ’n paar algemene beginsels en kyk na hoe dit in die praktyk toegepas word. Ons kyk ook na ’n paar situasies wat gereeld opduik. Dit sluit klagtes oor geraas en geskille oor bome in. Ons bespreek ook die geval van die lastige poue en ook die kersieboom wat gevaar loop om afgekap te word.
lees meer


Is jy werkloos en sukkel om jou verband- of kredietpaaiemente by te bring? “Krediet-lewensversekering” kan dalk tot jou redding kom
ArticleImage In hierdie moeilike tye sal baie van ons dit moeilik vind om ons verband- en ander kredietpaaiemente op datum te hou.

Beide werknemers en hul werkgewers moet kennis neem van ’n moontlike reddingsboei wat tot hul beskikking mag wees: “krediet-lewensversekering”. Ten spyte van die benaming daarvan, is hierdie nie bloot “lewens”-versekering nie. Werknemers kan moontlik gedek wees waar hulle hul werk verloor het of ’n vermindering/verlies aan inkomste ervaar en nie daartoe in staat is om hul paaiemente by te bring nie. Dit is ’n alternatief tot die “betalingsvakansie” wat deur banke aangebied word – wat natuurlik beter as niks is nie, maar tog is niks in die lewe verniet nie.

Baie werknemers is dalk nie eers daarvan bewus dat hulle sulke versekeringsdekking het nie. Word jy gedek? Indien wel, waarvoor? Lees verder vir meer hieroor.
   
lees meer
Direkteure: Roekelose sakebedrywighede en persoonlike aanspreeklikheid in die tyd van die Koronavirus
ArticleImage Sommige besighede floreer onder die omstandighede en die geleenthede wat deur die inperkingskrisis geskep is. Ander staar ernstige kontantvloei- en likiditeitsprobleme in die gesig.

Direkteure moet nou meer as ooit tevore seker maak dat hulle vertroud is met die voortdurende verpligtinge wat die Maatskappyewet op hulle plaas. Versuim om aan die Wet se hoë standaarde van sorg te voldoen kan tot persoonlike aanspreeklikheid, asook strafregtelike vervolging lei. 

Hierdie is ’n tydige herinnering aan alle “direkteure” (ons verduidelik hoe wyd die begrip in hierdie konteks gedefinieer word) oor die gevare daaraan verbonde om sake roekeloos te bedryf. Wat beteken dit om sake roekeloos te bedryf? Spreek die onlangse Kennisgewing van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) jou vry van aanspreeklikheid? Hoe kan jy jou aanspreeklikheid beperk? Lees gerus verder vir ’n paar gedagtes hieroor...
   
lees meer
Gesinsgeweld en die Inperking: Jou persoonlike veiligheidsplan
ArticleImage Die euwel van gesinsgeweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika het nou ‘n nuwe vorm aangeneem. Dit is na aanleiding van die COVID-19 pandemie, en die gevolglike inperkingsreëls wat dit verpligtend maak om tuis te bly. Dié wat reeds kwesbaar was, word nou aan ‘n baie hoër risiko van gesinsgeweld blootgestel. Daar is ook nou minder ontsnappingsroetes beskikbaar. Gelukkig het ons regering, asook ‘n reeks welsynsorganisasies ingespring en staan gereed om te help. Indien jy van enigiemand bewus is wat by hierdie inisiatiewe kan baat vind, oorweeg dit asseblief om hierdie artikel so spoedig moontlik vir hulle aan te stuur.

Ons begin met ‘n oorsig van hoe ons land se wette slagoffers van gesinsgeweld beskerm, en hoe dit in die praktyk toegepas word. Hierna verwys ons dié wat leiding en dringende praktiese hulp op hierdie gebied nodig het, na ‘n “persoonlike veiligheidsplan”. Die plan dek alles: hoe om voorbereid te wees, hoe om te sein vir hulp, hoe om weg te kom, en hoe om veilig te bly.
   
lees meer
Webwerf van die Maand: ’n Volledige Gids vir diegene wat in 2020 van die huis af werk
ArticleImage
Volgens Socrates is die geheim van verandering, om al jou energie daarop te fokus om die nuwe te bou, en nie die oue te beveg nie. 


Baie besighede wat normaalweg hul sake vanuit ’n kantoorperseel doen, moes gedurende die inperkingsperiode noodgedwonge hul werksaamhede aanpas met personeel wat van die huis af werk. ’n Mens kan nie help om te wonder hoeveel van hierdie besighede dalk nou hul behoefte aan kantoorspasie gaan heroorweeg nie. Eerder as om na die “ou normaal” terug te keer sal sommige besighede dalk besluit dat hulle nie meer so ’n groot kantoorperseel nodig het nie, terwyl ander dalk sal begin om permanent van die huis af te werk.

Hoe dit ook al sy, indien jy en jou personeel tans van die huis af werk, is dit noodsaaklik om jul opset vir maksimum produktiwiteit en lewenskwaliteit in te rig.

Career Karma se gids, “A Complete Guide to Working from Home in 2020” (op hul webwerf beskikbaar), gee 10 wenke oor hoe om suksesvol van die huis af te werk (“How to Succeed as a Remote Worker”). Jy kan ook die gratis PDF dokument “Remote Working: The Ultimate Guide” aflaai vir die drie algemene mites rakende “werk van die huis af” waarvan beide werkgewers en werknemers kennis kan neem.

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews