Die euwel van gesinsgeweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika het nou ‘n nuwe vorm aangeneem. Dit is na aanleiding van die COVID-19 pandemie, en die gevolglike inperkingsreëls wat dit verpligtend maak om tuis te bly. Dié wat reeds kwesbaar was, word nou aan ‘n baie hoër risiko van gesinsgeweld blootgestel. Daar is ook nou minder ontsnappingsroetes beskikbaar. Gelukkig het ons regering, asook ‘n reeks welsynsorganisasies ingespring en staan gereed om te help. Indien jy van enigiemand bewus is wat by hierdie inisiatiewe kan baat vind, oorweeg dit asseblief om hierdie artikel so spoedig moontlik vir hulle aan te stuur.
Ons begin met ‘n oorsig van hoe ons land se wette slagoffers van gesinsgeweld beskerm, en hoe dit in die praktyk toegepas word. Hierna verwys ons dié wat leiding en dringende praktiese hulp op hierdie gebied nodig het, na ‘n “persoonlike veiligheidsplan”. Die plan dek alles: hoe om voorbereid te wees, hoe om te sein vir hulp, hoe om weg te kom, en hoe om veilig te bly.
|