“Never let a good crisis go to waste” (Winston Churchill)
Die COVID-19 koronavirus krisis sal, soos alle krisisse, uiteindelik plek maak vir die herstel van die ekonomie en gemeenskappe.
Voordat die verwagte verbeteringe egter ‘n aanvang neem, moet entrepreneurs onthou dat tye van groot risiko ook tye van groot geleenthede is. Dit is dus ‘n goeie idee om jou span bymekaar te roep vir ‘n dinkskrum-sessie oor nuwe behoeftes wat julle kan voorsien en nismarkte wat julle kan betree. Ons sien dit byvoorbeeld reeds met besighede in afgeleë bestemmings, soos oorde op wildsplase wat veilige en luukse verblyf bied. Dit bied ‘n toevlug vir diegene wat wil self-isoleer en sosiale afstandhouding vêr weg van die besige stadslewe wil toepas. Dit is ‘n voordelige situasie vir almal daarby betrokke – besighede, hul werknemers, hul kliënte, en hul verskaffers.
Wanneer die keerpunt dan uiteindelik sy welkome verskyning maak, maak seker dat jy ‘n voorsprong bo jou mededingers het. Gebruik die huidige tyd van vrees en negatiwiteit om jou beplanning te verbeter. Wat gaan “herstel” behels? Hoe gaan jy daaruit voordeel trek? Watter personeel en hulpbronne gaan jy benodig?
‘n Goeie beginpunt is “Growth opportunities for small business in SONA and the Budget” op die Catalyst Tydskrif se webwerf. Die artikel verwys na die vele geleenthede wat nog vir groot en klein besighede beskikbaar is –
- Die Infrastruktuur-fonds
- Die Toerisme Aandeelhoudingsfonds
- Die Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied
- Aansporingsprogramme van die Kleinsake-ontwikkelingsagentskap (SEDA)
|