Te midde van die COVID-19 pandemie moet besighede vindingryk wees en maniere vind om steeds winsgewend te bly. Veral noudat ons Nasionale Inperking (“Lockdown”) in werking getree het.

As werkgewers staar ons ongekende uitdagings in die gesig. Ons moet steeds aan die bepalings van ons arbeidswette voldoen. Om jou besigheid volhoubaar te bedryf en aan wetgewing te voldoen, moet jy behoorlik beplan. Deeglike beplanning bly die sleutel tot jou besigheid se sukses in hierdie buitengewone tye. 

‘n Groot verskeidenheid ondersteuningsmaatreëls is afgekondig om besighede deur hierdie krisis van hulp te wees. Lees verder vir die besonderhede.
 


Teken aan
Matthews Enslin Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
April 2020 NUUSBRIEF
COVID-19: Klein Besighede, Arbeidswette en Ondersteuningsmaatreëls
Te midde van die COVID-19 pandemie moet besighede vindingryk wees en maniere vind om steeds winsgewend te bly. Veral noudat ons Nasionale Inperking (“Lockdown”) in werking getree het.

As werkgewers staar ons ongekende uitdagings in die gesig. Ons moet steeds aan die bepalings van ons arbeidswette voldoen. Om jou besigheid volhoubaar te bedryf en aan wetgewing te voldoen, moet jy behoorlik beplan. Deeglike beplanning bly die sleutel tot jou besigheid se sukses in hierdie buitengewone tye. 

‘n Groot verskeidenheid ondersteuningsmaatreëls is afgekondig om besighede deur hierdie krisis van hulp te wees. Lees verder vir die besonderhede.
lees meer


Jou bure bou sonder planne – Kan jy ‘n slopingsbevel kry?
ArticleImage “Sonde met die bure” – iets waarmee ons almal vertroud is. Een van die mees algemene bronne van konflik, is bouwerk. As jou bure se nuwe huis/uitbreiding/buitegebou jou see-uitsig belemmer, jou lig steel, inbreuk op jou privaatheid maak, of jou eiendom oorskry, gaan jy beslis ontsteld wees. En jy sal wil weet hoe jy te werk moet gaan om die betrokke bouwerk so gou as moontlik stop te sit.

 ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof bevestig hoe sterk jou posisie is waar jy kan bewys dat die bouwerk sonder die nodige munisipale goedkeurings voortgegaan het. Ons bespreek die feite van die saak (‘n sage van 16 jaar oor ‘n oorskrydende motorhuis). Ons kyk ook na die regsaspekte waarop die Hof se beslissing om ‘n slopingsbevel toe te staan, gebaseer is.
   
lees meer
Hoe om ‘n voormalige direkteur te verhoed om met jou mee te ding
ArticleImage Big Catch Fishing Tackle (Edms.) Bpk. is ‘n bemarker en aanbieder van hengel en vlieghengel toere in beide Suid-Afrikaanse en internasionale waters.

Na ‘n uitval tussen twee van die direkteure en aandeelhouers (wat hewig betwiste aantygings van ernstige pligsversuim behels het) het die een direkteur bedank en ‘n mededingende besigheid begin.

Big Catch doen by die Hooggeregshof aansoek vir ‘n interdik om die voormalige direkteur te verhoed om met hulle mee te ding. Hulle kon egter nie daarin slaag om die Hof te oortuig om die interdik toe te staan nie. Hierdie voorval dien as waarskuwing aan maatskappye om reeds van Dag 1 af pro-aktiewe stappe te neem om hulself teen so ‘n situasie te beskerm. Lees gerus verder hieroor...
   
lees meer
Wees op jou hoede vir die mite van die “Gemeenregtelike Huwelik”
ArticleImage Elke persoon in ‘n informele lewensvenootskap moet waak teen die algemeen aanvaarde, gevaarlike mite van die “gemeenregtelike huwelik”.

Ons bespreek die risiko’s daarvan om aan hierdie mite vas te kleef. Ons bespreek dit in die lig van ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof waar ‘n paartjie na ‘n 22-jaar lange verhouding uitmekaar is. Die lewensmaat wat oor die bates beskik het, het sy lewensmaat se aanspraak op ‘n 50% aandeel hewig teengestaan. Haar stryd om die bestaan van ‘n “universele vennootskap” te bewys, wys hoe moeilik dit kan wees om uit so ’n verhouding te tree met selfs die geringste finansiële voordeel. Die eiseres in hierdie saak was uiteindelik gelukkig dat die Hof ‘n 30% aandeel aan haar toegewys het. Dit is beter as niks, maar dit is nie 50% nie!

Gelukkig bied ons reg ‘n vinnige en eenvoudige oplossing ...
   
lees meer
Webwerf van die Maand: COVID-19 – Entrepreneurs en geleenthede om te groei
ArticleImage
“Never let a good crisis go to waste” (Winston Churchill)

Die COVID-19 koronavirus krisis sal, soos alle krisisse, uiteindelik plek maak vir die herstel van die ekonomie en gemeenskappe. 

Voordat die verwagte verbeteringe egter ‘n aanvang neem, moet entrepreneurs onthou dat tye van groot risiko ook tye van groot geleenthede is. Dit is dus ‘n goeie idee om jou span bymekaar te roep vir ‘n dinkskrum-sessie oor nuwe behoeftes wat julle kan voorsien en nismarkte wat julle kan betree. Ons sien dit byvoorbeeld reeds met  besighede in afgeleë bestemmings, soos oorde op wildsplase wat veilige en luukse verblyf bied. Dit bied ‘n toevlug vir diegene wat wil self-isoleer en sosiale afstandhouding vêr weg van die besige stadslewe wil toepas. Dit is ‘n voordelige situasie vir almal daarby betrokke – besighede, hul werknemers, hul kliënte, en hul verskaffers.

Wanneer die keerpunt dan uiteindelik sy welkome verskyning maak, maak seker dat jy ‘n voorsprong bo jou mededingers het. Gebruik die huidige tyd van vrees en negatiwiteit om jou beplanning te verbeter. Wat gaan “herstel” behels? Hoe gaan jy daaruit voordeel trek? Watter personeel en hulpbronne gaan jy benodig?

‘n Goeie beginpunt is “Growth opportunities for small business in SONA and the Budget” op die Catalyst Tydskrif se webwerf. Die artikel verwys na die vele geleenthede wat nog vir groot en klein besighede beskikbaar is –  
  • Die Infrastruktuur-fonds

  • Die Toerisme Aandeelhoudingsfonds 

  • Die Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied

  • Aansporingsprogramme van die Kleinsake-ontwikkelingsagentskap (SEDA)
   
         
 

Suite D1
Westlake Square
1 Westlake Drive
TOKAI, 7945


 Tel:  021 702 3070
Email:  info@matthewsenslin.com
Website: www.matthewsenslin.com

 
         

Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews