In groot en klein maatskappye kan die verhouding tussen aandeelhouers en direkteure dikwels moeilik raak. Die Maatskappywet bied ‘n aantal oplossings in gevalle waar aandeelhouers en direkteure nie ooreenstem nie. Een van hulle is, "verligting van onderdrukkende of benadelende optrede". Die howe is by magte om 'n wye verskeidenheid regstellende stappe te beveel, wat wissel van verpligte oordrag van aandele tot die verwydering van direkteure, likwidasie of sakeredding van die maatskappy, en nog ander.
'n Hof kan 'n gepaste bevel maak, soos wat dit goed vind, maar voordat jy daarby kan uitkom, moet jy eers een van die drie spesifieke kategorieë van onderdrukkende of benadelende optrede bewys. Om dit te te illustreer kyk ons na 'n saak van die Hoogste Hof van Appèl waar 'n bittere geskil tussen 'n meerderheidsaandeelhouer en 'n afgedankte direkteur ontstaan het.
|