Die nasionale egskeidingsyfer het na bewering gestyg as gevolg van die spanning wat die Covid-19 inperkingperiode meegebring het. Getroude paartjies asook paartjies wat van voorneme is om te trou moet verkieslik vanuit 'n finansiële en 'n praktiese perspektief verstaan wat die wet sê oor die verdeling van die gesinswoning in die geval van ‘n egskeiding.

Ons kyk na die verskillende huweliksgoederebedelings in Suid Afrika, die praktiese aspekte met die verandering van eienaarskap van die gesinswoning, die vraag wat met die verband gebeur as die huis nog ‘n uitstaande verband het, asook hoe die situasie hanteer kan word as die gesinshuis in 'n trust of in 'n maatskappy gehou word. 

Ons eindig met die gedagte oor hoe om vanuit die staanspoor ‘n twis oor die gesinswoning te vermy.
 


Teken aan
Facebook
Dekker Prokureurs/Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
April 2021 NUUSBRIEF
Wie kry die huis met ‘n egskeiding?
Die nasionale egskeidingsyfer het na bewering gestyg as gevolg van die spanning wat die Covid-19 inperkingperiode meegebring het. Getroude paartjies asook paartjies wat van voorneme is om te trou moet verkieslik vanuit 'n finansiële en 'n praktiese perspektief verstaan wat die wet sê oor die verdeling van die gesinswoning in die geval van ‘n egskeiding.

Ons kyk na die verskillende huweliksgoederebedelings in Suid Afrika, die praktiese aspekte met die verandering van eienaarskap van die gesinswoning, die vraag wat met die verband gebeur as die huis nog ‘n uitstaande verband het, asook hoe die situasie hanteer kan word as die gesinshuis in 'n trust of in 'n maatskappy gehou word. 

Ons eindig met die gedagte oor hoe om vanuit die staanspoor ‘n twis oor die gesinswoning te vermy.
lees meer

 

 



Kan 'n werknemer wat weier om ingeënt te word, afgedank word?
ArticleImage Wat kan jy doen met 'n werknemer wat weier om teen COVID-19 ingeënt te word? Vermoedelik is die meeste Suid-Afrikaners gretig om hul inenting te kry. Tog is daar ‘n beduidende minderheid mense wat vir verskillende redes weier om ingeënt te word. 

Wat kan ‘n werkgewer doen met 'n 'entstof skeptikus'? Kan die werkgewer aanspreeklik gehou word deur ingeënte werknemers of deur gesondheidsbeamptes as die werknemer 'n nie-ingeënte werknemer in die werkplek toelaat? Kan ‘n werkgewer ‘n werknemer afdank wat die Covid-19 inenting weier? Wie kan aanspreeklik gehou word vir die newe-effekte? Daar is nog geen duidelike antwoorde hieroor nie, maar ons kyk na algemene regsbeginsels wat mens sal help om deur hierdie troebel water te vaar.
   
lees meer
Wanneer maatskappydirekteure en aandeelhouers koppe stamp ….
ArticleImage In groot en klein maatskappye kan die verhouding tussen aandeelhouers en direkteure dikwels moeilik raak. Die Maatskappywet bied ‘n aantal oplossings in gevalle waar aandeelhouers en direkteure nie ooreenstem nie. Een van hulle is, "verligting van onderdrukkende of benadelende optrede". Die howe is by magte om 'n wye verskeidenheid regstellende stappe te beveel, wat wissel van verpligte oordrag van aandele tot die verwydering van direkteure, likwidasie of sakeredding van die maatskappy, en nog ander.

'n Hof kan 'n gepaste bevel maak, soos wat dit goed vind, maar voordat jy daarby kan uitkom, moet jy eers een van die drie spesifieke kategorieë van onderdrukkende of benadelende optrede bewys. Om dit te te illustreer kyk ons na 'n saak van die Hoogste Hof van Appèl waar 'n bittere geskil tussen 'n meerderheidsaandeelhouer en 'n afgedankte direkteur ontstaan het.
   
lees meer
Huishulpe en Werkgewers: ‘n verduideliking van die nuwe dekking vir beserings en siektes.
ArticleImage Huishulpe was voorheen nie ingesluit in die dekking onder COIDA (die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes) vir werkbeserings en -siektes nie.

Dit het nou verander, en beide werkgewers en huishulpe (werknemers) moet die uitgebreide dekking wat aan beide werknemers en hul afhanklikes gebied word, verstaan. Werkgewers sal nou moet registreer, 'n jaarlikse opgawe van verdienste indien, en jaarlikse tariewe betaal na ontvangs van jou aanslag. Dit is belangrik om die regte “industrieklassifikasie” te kies, aangesien jou aanslag en jou verpligting om te betaal, merkbaar sal styg as jy per ongeluk in 'n 'hoërisiko'-kategorie registreer.
   
lees meer
Jou Webwerf van die Maand: Lei jou brein om kreatiwiteit en innovasie te ontsluit
ArticleImage
“Creativity is intelligence having fun” (Albert Einstein)


Om kreatiwiteit en innovasie in jou besigheid aan te vuur, is nie net bevorderlik vir jou wins nie, maar vir die meeste besighede is dit 'n kwessie van oorlewing. Daar is altyd die volgende ontwrigtende gebeurtenis of twee in jou besigheid wat net wag dat jy stagneer en agter raak.

Soos Dokter Srini Pillay (‘n gebore Suid-Afrikaner, Harvard-opgeleide psigiater, breinwetenskaplike, tegnologie-ondernemer en musikant) sê: “Kreatiwiteit is nie net vir kunstenaars of mense in die sakewêreld nie. Kreatiwiteit is vir enige persoon wat 'n ongewone manier wil vind om hul lewens na die volgende vlak te neem.” Luister na die volledige artikel “Train your brain to unlock creativity and innovation” op Maverick Life.
   
www.idprok.co.za" imke@idprok.co.za www.idprok.co.za Map to our office
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews