Verhuurders moet daarop let dat hul op risiko is om gedagvaar te word as hul huurders verlies ly terwyl hulle op hul perseel is.

Ons kyk na die tragiese Hooggeregshofsaak oor ‘n kleuter wat verdrink het. Die kind het saam met sy familie vakansie gehou. Die chalet langs die rivier, waar hulle gebly het, het oornag onvoorsien oorstroom toe die rivier in vloed was. Die hof moes beslis of die eienaar van die gasteplaas vir skadevergoeding aanspreeklik gehou kon word. Die Hof moes bepaal of die eienaar van die gasteplaas se optrede 'onregmatig' was, en indien wel, was hy nalatig?

Ons kyk ook na praktiese stappe wat elke eienaar van eiendom kan neem om sekere risiko's te beperk, en wat om te doen as jy wel gedagvaar word.
 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Mei 2021 NUUSBRIEF
Verhuurder aanspreeklik vir 'n tragiese verdrinking na onvoorsiene vloed
Verhuurders moet daarop let dat hul op risiko is om gedagvaar te word as hul huurders verlies ly terwyl hulle op hul perseel is.

Ons kyk na die tragiese Hooggeregshofsaak oor ‘n kleuter wat verdrink het. Die kind het saam met sy familie vakansie gehou. Die chalet langs die rivier, waar hulle gebly het, het oornag onvoorsien oorstroom toe die rivier in vloed was. Die hof moes beslis of die eienaar van die gasteplaas vir skadevergoeding aanspreeklik gehou kon word. Die Hof moes bepaal of die eienaar van die gasteplaas se optrede 'onregmatig' was, en indien wel, was hy nalatig?

Ons kyk ook na praktiese stappe wat elke eienaar van eiendom kan neem om sekere risiko's te beperk, en wat om te doen as jy wel gedagvaar word.
lees meer


Werkgewers: Pasop vir die mite van die ‘informele werker’. (Casual Worker)
ArticleImage As jy iemand in diens het, as 'n besigheid of as 'n individu, sal jy weet hoe sterk werknemersregte in Suid-Afrika afgedwing word, en hoe belangrik dit is om aan alle toepaslike wetgewing te voldoen.

Daar is ‘n gevaarlike mite dat 'n klas werknemers bestaan, gewoonlik word na hulle as " informele werkers" of "informele arbeiders" verwys, wat buite hierdie beskerming val.

Ons ondersoek hierdie mite en sit die regsposisie uiteen met betrekking tot werknemers wat minder as 24 uur per maand werk. Ons sluit af met vergelykende verwysings na gevalle van beperkte beskerming en ook na onafhanklike kontrakteurs.
   
lees meer
Maatskappye: Is handelsbeperkings geldig in 'n tyd van Covid?
ArticleImage As ’n besigheid kan jy in die moeilikheid wees as 'n direkteur of senior werknemer wat vertroud is met al jou vertroulike inligting en handelsgeheime, skielik by jou medingers  aansluit, of miskien selfs ‘n nuwe besigheid begin wat in direkte mededinging is met joune.

Ons kyk na ‘n onlangse saak waar ‘n handelsbeperking bespreek is. ‘n Klousule oor handelsbeperking was nog altyd 'n nuttige en tydelike skild teen hierdie soort besigheidsrisiko.

Sal ons howe hierdie klousules toepas in hierdie tye van die Covid-19-pandemie met die gepaardgaande inperking, ekonomiese onsekerheid en hoë werkloosheidsyfer? Twee onlangse beslissings van die hooggeregshof is aanduidend van die rigting waarin ons reg inslaan ...
   
lees meer
Uitgebrei: die regte van bedroefde ouers om na swangerskap verlies ‘n begrafnis vir die ongeborene te kies
ArticleImage Verwagtende ouers wat voor 26 weke  ’n miskraam ervaar het, het tot dusver geen reg gehad om hul fetus, wat as 'mediese afval' verbrand moes word, te begrawe nie. (26 weke is die ouderdom wat deur die Wet op Registrasie van Geboortes en Sterftes bepaal is vir die definisie van "doodgebore".)

Dit het verander met 'n onlangse Hooggeregshofbevel wat die betrokke bepalings van die Wet op Registrasie van Geboortes en Sterftes ongrondwetlik verklaar het. Hierdie bevel word opgeskort om die parlement die geleentheid te gee om dit  te wysig en dit moet ook na die Grondwetlike Hof toe gaan om dit te bevestig. Intussen het die hof die begrafnis toegelaat (deur die uitreiking van 'n "doodgeboorte sertifikaat" of "verklaring van doodgeboorte") op versoek van die bedroefde ouer of ouers.

Die Hof het geweier om hierdie nuwe keuse uit te brei na fetale sterftes as gevolg van menslike ingryping ('vrywillige geïnduseerde beëindiging'), sodat hierdie nuwe vryheid om te kies, tot nou toe slegs beskikbaar is vir bedroefde ouers in die geval van natuurlike sterftes (miskrame).
   
Webwerf van die maand: Beskerm jou as persoon en jou besigheid in die griepseisoen 2021
ArticleImage Die griepseisoen is weer voor die deur. Met tussen 7 000 en 12 000 griepverwante sterftes wat elke seisoen histories in Suid-Afrika berig word, kan dit nie onderskat word nie. Of die voorsorgmaatreëls vir die inperking hierdie jaar die infeksievlakke in dieselfde mate sal verminder as verlede jaar, is onseker. Neem dus die tyd om seker te maak dat jy, jou gesin en (as jy sake doen) jou kollegas en werknemers voorbereid is.

Gaan na Mediese nuus en kyk na “Evidence-based resources to help keep you and your loved ones healthy during the 2020–21 flu season” op die blad oor griep oftewel “the Flu page“ (die “Flu v Covid-19” afdeling is besonder insiggewend).

Wees bewus daarvan dat die gebruik van die griep-entstof met artikels soos: “Flu shots linked to fewer severe Covid-19 cases - US study” op News24 die rondtes doen.


Uit die HAT: 

Passepartout  (uitspraak pas-par-toe) s.nw. (Frans)   1.plakband gebruik om ‘n lys om ‘n portret/ens. te vorm 2. Iets wat orals en vir alles gebruik kan word; iets wat tot alles toegang verleen, bv. ‘n sleutel/loper wat op alle slotte pas. 




   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews