Die meeste besighede sal op een of ander stadium hul werknemers vra om oortyd te werk.

Dit werk natuurlik goed as jou werknemers dit graag wil doen. As jy dink jy mag dalk weerstand ondervind as jy oortyd wil afdwing, weet dan dat jy 'n geldige ooreenkoms moet hê om oortyd te werk, voordat jy sodanige opdrag kan afdwing.

Ons kyk na 'n onlangse Arbeidshofsaak wat hieroor rigting gee. Die uitspraak wys op die nadele daarvan om geen ooreenkoms in plek te hê nie, of om so 'n ooreenkoms in plek te hê, maar dan nie te verstaan nie dat die WBDV (Wet op Basiese Diensvoorwaardes) voorsiening maak dat sulke ooreenkomste onder sekere omstandighede sal wegval.

Ons kyk na die feite en na die hof se bevindinge, en ook na die redes waar die hof die werkgewer beveel het om die werknemer met terugwerkende krag en met volle terugwerkende betalings weer in diens te neem. 
 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Mei 2023 NUUSBRIEF
Oortyd: Die belangrikheid van ‘n duidelike ooreenkoms.

Die meeste besighede sal op een of ander stadium hul werknemers vra om oortyd te werk.

Dit werk natuurlik goed as jou werknemers dit graag wil doen. As jy dink jy mag dalk weerstand ondervind as jy oortyd wil afdwing, weet dan dat jy 'n geldige ooreenkoms moet hê om oortyd te werk, voordat jy sodanige opdrag kan afdwing.

Ons kyk na 'n onlangse Arbeidshofsaak wat hieroor rigting gee. Die uitspraak wys op die nadele daarvan om geen ooreenkoms in plek te hê nie, of om so 'n ooreenkoms in plek te hê, maar dan nie te verstaan nie dat die WBDV (Wet op Basiese Diensvoorwaardes) voorsiening maak dat sulke ooreenkomste onder sekere omstandighede sal wegval.

Ons kyk na die feite en na die hof se bevindinge, en ook na die redes waar die hof die werkgewer beveel het om die werknemer met terugwerkende krag en met volle terugwerkende betalings weer in diens te neem. 
lees meer


Hoe werk verkrygende verjaring en kan jy jou eiendomsreg verloor?
ArticleImage

Stel jou die volgende voor – jy het geen benul dat iemand jou eiendom – of ’n deel daarvan – okkupeer nie – en dit al vir dekades lank okkupeer. Dan bevind jy jou in die hooggeregshof waar jy die okkupeerder se eis vir oordrag van eienaarskap van die eiendom op hul naam teenstaan. Daar is ook geen aanbod of sprake dat jy enige vergoeding vir jou eiendom gaan kry nie.

"Hoe kan dit wees?” wil jy weet.  “Verkrygende verjaring!” antwoord die eiser. Jy het nog nooit eers hiervan gehoor nie, maar jy is op die punt om alles hieroor uit te vind op die duurste en mees ontstellende wyse.

Met hierdie as waarskuwing kan jy jouself met die nodige kennis bemagtig. Ons kyk na ‘n praktiese geval waar ‘n kwekery en gemeenskapspark vir 31 jaar "versteek" is.  
   
lees meer
Trustees: Die nuwe verpligting om die uiteindelike of begunstigde eienaars (“voordelige eienaars”) aan te meld.
ArticleImage

Die “Financial Action Task Force” is die internasionale ligaam wat op internasionale vlak maatreëls teen geldwassery en teen die finansiering van terrorisme vasstel, implementeer en monitor. Suid-Afrika is nou op hierdie taakspan se grys lys omdat ons nie voldoen aan hul vereistes nie. Dit het daartoe gelei dat die regering inderhaas 'n verskeidenheid van voldoeningsmaatreëls ingestel het, insluitend 'n nuwe vereiste vir trustees om die voordelige eienaars van trusts te openbaar in 'n register wat vir die owerhede toeganklik is.

Die regering se sperdatum van 1 April 2023 vir voldoening was in die praktyk onmoontlik om na te kom omdat die vereiste kennisgewing eers na besigheidsure op 31 Maart 2023 gegee is (dit is daardie aand in die Staatskoerant gepubliseer), maar alle trustees moet nou dringend stappe doen om daaraan te voldoen.

Om jou te help om nou hieraan te voldoen, bespreek ons die (wye) definisie van "voordelige eienaar" en die boetes wat op trustees wag wat versuim om daaraan te voldoen, plus ons verskaf 'n skakel na die Meester van die Hooggeregshof se portaal waarop julle hierdie inligting kan invoer onder "Trust Beneficial Ownership Register".

   
lees meer
Egskeiding: Onthou om jou testament te hersien en op datum te bring!
ArticleImage

Die meeste mense neig om die hele of die grootste deel van hul boedel in een of ander vorm aan hul geliefde gade of lewensmaat na te laat, met die opstel van hul testamente en boedelplanne.

As die huweliksverhouding egter verbrokkel en ‘n egskeiding volg, moet mens ook die nodige doen en jou testament opdateer. Miskien pas dit jou om die testament se bepalings net so te los, maar dit is baie meer waarskynlik dat jy jou testament sal wil verander. Jy moet aandag gee hieraan en optree.

Ons kyk na die risiko's om jou testament onveranderd te laat met verwysing na 'n onlangse uitspraak van die Appèlhof wat hiermee moes handel.  Die testament hier ter sprake was die van ‘n vrou wat minder as drie maande na haar egskeiding selfmoord gepleeg het. Sy het nooit haar testament (geteken voor haar egskeiding) verander nie. Daarin het sy haar boedel aan haar man (gewese man) nagelaat. Die gewese man het in die hof hard probeer om 'n artikel van die Wet op Testamente ongrondwetlik te laat verklaar, ingevolge waarvan hy uitgesluit is om van sy onlangs geskeide en afgestorwe gewese vrou te erf.
   
lees meer
Uit die HAT:
ArticleImage

steenuil s.nw. benaming vir verskillende klein, en ook soms groot, uile in Suid-Afrika: braakuil; hoenderuil; kerkuil; klipuil;nooiensuil: die wit gesiggie van die steenuiltjie • Die wyse steenuil (C.L. Leipoldt). 

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews