“Hierdie saak illustreer weereens dat mens met omsigtigheid met ‘n trust moet sake doen.” (Vry vertaalde aanhaling uit die uitspraak hieronder.) 


Die meeste van ons gaan slegs in saketransaksies met trusts te doene kry, waar ons eiendom koop wat aan ‘n trust behoort; of eiendom in ‘n trust koop. Dit bly egter van uiterste belang dat jou prokureur seker maak dat die persoon of persone wat die dokumente namens die trust onderteken, wel ten volle gemagtig is om die trust te bind. 
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Mei 2016 NUUSBRIEF
Eiendom en Trusts – Wees Versigtig
“Hierdie saak illustreer weereens dat mens met omsigtigheid met ‘n trust moet sake doen.” (Vry vertaalde aanhaling uit die uitspraak hieronder.) 


Die meeste van ons gaan slegs in saketransaksies met trusts te doene kry, waar ons eiendom koop wat aan ‘n trust behoort; of eiendom in ‘n trust koop. Dit bly egter van uiterste belang dat jou prokureur seker maak dat die persoon of persone wat die dokumente namens die trust onderteken, wel ten volle gemagtig is om die trust te bind. 
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Die Panama Dokumente, SARS en die (voorgestelde) nuwe SVDP
ArticleImage
“The notion that there are any safe places to hide money is a thing of the past.” (Aldus ‘n Amerikaanse belastingkundige Mark Matthews)

Suid-Afrikaanse inwoners met rekeninge en beleggings in buitelandse belastinggebiede moet seker maak dat hulle in geheel voldoen aan alle plaaslike en internasionale verpligtinge oor belasting- en valutabeheer. Die onlangse lekkasie van inligting uit Panama, verlede jaar se HSBC lekkasies en ook die OECD se inisiatief om die outomatiese uitruiling van inligting te verseker, dui alles daarop dat niemand meer vir die belastingowerhede kan wegkruip nie. 
   
lees meer
Piramideskemas: Selfs die eerstes moet opdok
ArticleImage
Piramideskemas weereens in die nuus.

Ons hoor dikwels van ‘n nuwe groep mense wat vir nog ‘n piramideskema geval het. Dit is nie net desperate pensioenarisse of lae-loontrekkers wat om die bos gelei word nie. Selfs ervare sakemense en kundige beleggers word soms gekul. Die rede is natuurlik dat die swendelaars wat agter hierdie skemas sit, meesters van die kuns is om die ware aard van die skema weg te steek. Hulle kom met al hoe meer kreatiewe stories vorendag om slagoffers te lok. Sogenaamde “Ponzi” skemas is juis gewild omdat die meesterbrein daaragter belowe om na alles om te sien; al wat jy moet doen is om te “belê” en terug te sit om jou winste te sien inrol.
   
lees meer
Werkgewers: COIDA voldoeningsdatum is uitgestel na 31 Mei
ArticleImage
In gevolge die bepalings van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (“COIDA”) moet jy by die Vergoedingsfonds geregistreer wees indien jy enigsins werknemers (uitgesonderd huishulpe) in diens het. COIDA (“the Compensation for Occupational Injuries and Diseases Act”) maak voorsiening vir die betaling van vergoeding aan werknemers wat as gevolg van ‘n werksongeluk of werksverwante siekte beseer is, gestremd is, of selfs gesterf het. 
   
lees meer
Jou Mei Webwerf: 19 Webwerwe wat jou by die werkplek en tuis gaan help
ArticleImage
Gebruik jy regtig die onuitputlike bron van inligting, kennis en leiding wat die Internet aan die mensdom bied?

Omskep jou alledaagse kuberreise in ‘n produktiewe avontuur vir die verbetering van elke aspek van jou lewe met Business Insider se lys “19 Websites That Will Make You Smarter".
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews