Werkgewers en werknemers: Ons het rekordgetalle werknemers wat nou hul sestigs betree. Baie van hulle is nog nie reg vir aftrede nie. Sommiges as gevolg van finansiële redes. Sommiges wil nog aktief bly in hul beroepe of gebied van deskundigheid. Dit is natuurlik goeie nuus vir almal as dit ook in pas is met die werkgewer se behoeftes en beplanning. As dit nie die geval is nie, kan dit egter ‘n probleem raak.
Lank voordat die werknemers hierdie ouderdom bereik, is daar ‘n paar ooglopende kwessies wat die partye met mekaar moet bespreek en ooreenkom. Wanneer moet werknemers aftree? Is daar so iets soos ‘n aftree-ouderdom? Ons kyk na beleide en ooreenkomste om onsekerhede hieroor uit die weg te ruim. Wat moet gebeur as ‘n werknemer die ouderdom bereik? Die antwoorde hiermee....