|
|
|
|
|
|
Dagga – Hoe wettig is dit nou?
|
|
Of jy persoonlik al met kannabis / marijuana / weed / dagga kennis gemaak het of van voorneme is om dit binnekort te doen of nie, ons Grondwetlike Hof het die gebruik daarvan nou gedeeltelik gedekriminaliseer. Ons moet almal bewus wees van die gevolge hiervan. Ons kyk na die gevare en die grys gebiede wat oorbly. Wanneer kan jy nog hiervoor in hegtenis geneem word? Mag jy dagga gebruik en ‘n voertuig bestuur? Hoe moet die situasie in die werksplek hanteer word?
Ons sluit af met spesifieke kommentaar vir werkgewers.
|
|
|
|
|
|
|
Notules van direksievergaderings is belangrik - “Wie, Wat, Waar, Wanneer en Hoekom?”
|
|
Die Maatskappywet plaas heelwat verpligtinge en verantwoordelikhede op jou as direkteur en die maatskappy in die algemeen as deel van die voorgeskrewe nakomingsverpligtinge.
Dit is daarom belangrik om behoorlik notules van die direksie- en komiteevergaderings voor te berei, te sirkuleer vir bevestiging en aanvaarding en om dit dan te bewaar. Dit is nie net ‘n wetlike voorskrif nie, maar dit is ook nodig vir goeie korporatiewe bestuur en vir die volledige rekordhouding van besluite en besluitnemingsprosesse.
Ons kyk hierna en gebruik die bekende VYF woorde - Wie, Wat, Waar, Wanneer en Hoekom.
|
|
|
|
|
|
|
Werknemers : Wanneer moet hulle aftree?
|
|
Werkgewers en werknemers: Ons het rekordgetalle werknemers wat nou hul sestigs betree. Baie van hulle is nog nie reg vir aftrede nie. Sommiges as gevolg van finansiële redes. Sommiges wil nog aktief bly in hul beroepe of gebied van deskundigheid. Dit is natuurlik goeie nuus vir almal as dit ook in pas is met die werkgewer se behoeftes en beplanning. As dit nie die geval is nie, kan dit egter ‘n probleem raak.
Lank voordat die werknemers hierdie ouderdom bereik, is daar ‘n paar ooglopende kwessies wat die partye met mekaar moet bespreek en ooreenkom. Wanneer moet werknemers aftree? Is daar so iets soos ‘n aftree-ouderdom? Ons kyk na beleide en ooreenkomste om onsekerhede hieroor uit die weg te ruim. Wat moet gebeur as ‘n werknemer die ouderdom bereik? Die antwoorde hiermee....
|
|
|
|
|
|
|
Wat om te doen wanneer iemand tot sterwe kom
|
|
Ons praat nie graag oor die dood nie.
Die dood is egter onvermydelik. Van ons kant af moet ons seker maak dat ons gepaste en geldige testamente in plek het. Net so kan ons ook seker maak dat ons gereed is om met die praktiese en regsaspekte te handel, wanneer iemand wat naby aan ons is, tot sterwe kom.
Dit bly ‘n proses wat met administratiewe en ander uitdagings omhul word. Wanneer jy besig is om die verlies van ‘n geliefde te verwerk, kan dit jou help as jy ‘n lys het van die belangrikste formaliteite en die praktiese aspekte waaraan jy aandag moet gee.
|
|
|
|
|
|
|
Uitsluiting
|
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.
|
© DotNews. All Rights Reserved.
|
’n Kliëntskakelingsdiens van
DotNews |
|
|
|