Ons praat nie graag oor die dood nie.
Die dood is egter onvermydelik. Van ons kant af moet ons seker maak dat ons gepaste en geldige testamente in plek het. Net so kan ons ook seker maak dat ons gereed is om met die praktiese en regsaspekte te handel, wanneer iemand wat naby aan ons is, tot sterwe kom.
Dit bly ‘n proses wat met administratiewe en ander uitdagings omhul word. Wanneer jy besig is om die verlies van ‘n geliefde te verwerk, kan dit jou help as jy ‘n lys het van die belangrikste formaliteite en die praktiese aspekte waaraan jy aandag moet gee.
|