“In oorloë en in regsgedinge, ly beide kante verliese.” (Romeinse spreekwoord.)
Koop en verkoop van eiendom is ‘n teelaarde vir dispute en vir duur hofsake.
‘n Ooreenkoms wat professioneel opgestel is en wat die partye se bedoeling en ooreenkoms korrek weergee, sal baie help om die risiko van litigasie te beperk.
Ons kyk na ‘n onlangse saak in die Hoë Hof wat gehandel het oor ‘n “verbandklousule” in ‘n koopooreenkoms. Beide die kopers en die verkoper is hier blootgestel aan die stres, kostes en vermorsing van tyd van litigasie, wat vermy kon gewees het indien die partye se ooreenkoms vanuit die staanspoor duidelik was.
|