Die reëls van Huiseienaarsverenigings en Regspersone (van Deeltiteleenhede) het ook ten doel om die toewysing en gebruik van parkeergebiede in komplekse te reguleer. Hoe hanteer mens dit as hierdie reëls nooit afgedwing is nie? Kan mens aanvoer dat die reëls deur onbruik verval het en nie meer afdwingbaar is nie? Wat as die reëls slegs sporadies en dan ook op diskriminerende basis afgedwing word?  

Ons kyk na ‘n geval waar die Huiseienaarsvereniging probeer het om die reëls so af te dwing dat die eienaars hul voertuie slegs in hul motorhuise en in hul opritte kon parkeer. Hulle het die Hooggeregshof genader vir ‘n hofbevel om die eienaar van drie voertuie te verbied om in stryd met die reels te parkeer. Hy het sy een voertuig permanent in ‘n parkeergebied vir besoekers parkeer terwyl sy ander twee voertuie gedeeltelik in die kompleks se pad gestaan het.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
November 2020 NUUSBRIEF
Dispute oor Parkering – volg die kompleks se Reëls
Die reëls van Huiseienaarsverenigings en Regspersone (van Deeltiteleenhede) het ook ten doel om die toewysing en gebruik van parkeergebiede in komplekse te reguleer. Hoe hanteer mens dit as hierdie reëls nooit afgedwing is nie? Kan mens aanvoer dat die reëls deur onbruik verval het en nie meer afdwingbaar is nie? Wat as die reëls slegs sporadies en dan ook op diskriminerende basis afgedwing word?  

Ons kyk na ‘n geval waar die Huiseienaarsvereniging probeer het om die reëls so af te dwing dat die eienaars hul voertuie slegs in hul motorhuise en in hul opritte kon parkeer. Hulle het die Hooggeregshof genader vir ‘n hofbevel om die eienaar van drie voertuie te verbied om in stryd met die reels te parkeer. Hy het sy een voertuig permanent in ‘n parkeergebied vir besoekers parkeer terwyl sy ander twee voertuie gedeeltelik in die kompleks se pad gestaan het.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Gaan jou hond byt? Die risiko is joune
ArticleImage Dit is ‘n risiko wat letterlik al vir eeue bekend is. Drie honde het ‘n man in ‘n openbare pad aangeval en erg beseer. Die slagoffer het ‘n eis van R2,3 miljoen ingestel. Die eienaar van die honde was “skuldloos”, maar die eis staan steeds teen jou as dit jou makgemaakte diere is wat hier ter sprake is. Hierdie “skuldlose” aanspreeklikheid vang baie troeteldier-eienaars onkant. Ons is gewoond daaraan om aanspreeklik gehou te word waar ons opsetlik opgetree het of selfs nalatig opgetree het en daardeur skade vir iemand anders veroorsaak het; maar nie “skuldloos” nie.  

Ons kyk na die beperkte verwere wat tot jou beskikking is wanneer jy vir skadevergoeding gedagvaar word. Die eienaar het probeer om die Appèlhof te oortuig dat hy well ‘n verweer het, maar dit het nie gewerk nie. Die uitspraak dien as tydige waarskuwing vir alle honde-eienaars (trouens alle eienaars van makgemaakte diere).
   
lees meer
POPIA: Aksieplan vir jou besigheid in vier stappe
ArticleImage Goeie voorbereiding is dikwels die sleutel tot sukses, en die nakoming van POPIA (die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting) is ook geen uitsondering nie. 

Moenie mislei word met skrikverhale dat jy dadelik hieraan moet voldoen nie, net omdat POPIA nou van krag is nie. Moet ook nie terugsit en dink dat jy dit eers kan ignoreer, omdat jy tot Junie volgende jaar het om iets daaraan te doen nie.

Dit sal tot voordeel van jou besigheid wees as jy nou reeds stappe neem om te verstaan hoe POPIA jou gaan beïnvloed, en hoe jy gereed kan wees om dit na te kom. Ons deel vier praktiese wenke oor hoe om hiermee te begin ...
   
lees meer
Onderhoud in hierdie tye – Is tronkstraf die antwoord?
ArticleImage Dit is dikwels moeilik om agterstallige onderhoud in te vorder. In hierdie moeilike tye kan mens aanvaar dat daar wel diegene is wat nie die geld het om onderhoud te betaal nie, of wat net verminderde onderhoud kan betaal. Veral in gevalle waar daar kinders betrokke is, sal ons howe oorweeg of wanbetalers weens minagting van die hof tronk toe moet gaan. "Wag, ek het tog geld."

Ons kyk na twee onlangse sake in die Hooggeregshof. In die eerste geval was daar twee kinders betrokke en onderhoud wat meer as 'n halfmiljoen rand agterstallig was. Die vader beweer dat hy nie kan betaal nie, maar hy verdien wel ‘n goeie salaris en hy het ruim spandeer aan sy BMW en aan sy aanlyn dobbelgewoonte. In die tweede geval was daar ‘n vrou se huishoudelike uitgawes, twee honde en 'n maatskappy wat sou sukkel as gevolg van die pandemie...
   
lees meer
Webwerf van die Maand: Lyk jou beste op Zoom
ArticleImage “Zooming Into the Future: Tips to Improve One’s Appearance at Online Meetings” op Law.com bevat toepaslike advies hieroor en ook oor die beste –
  • Beligting  
  • Agtergrond  
  • Oogkontak 
  • Voorkoms (weet jy van die knoppie “Touch Up My Appearance” ?)
  • Klank. 

Dit is geskryf met regsverteenwoordigers in gedagte en ook vir getuies in “virtuele” hofsake. Dit is natuurlik net so toepaslik vir enige ander persoon wat aan ‘n virtuele vergadering moet deelneem of ‘n aanbieding moet lewer. Dit is ‘n handige bron van hulp in hierdie tyd van aanlynvergaderings. 


Uit die HAT: 

skater ww. ook skaterlag 1. Uitbundig/luidkeels lag: Die seuns skater van die lag. Sy kan tog so lekker skaterlag vir elke grappie. 2. ‘n harde, skel geluid maak. Die spreeus skater vir ons toe ons verby die rietbos kom. (Etienne van Heerden)  

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews