Dit is dikwels moeilik om agterstallige onderhoud in te vorder. In hierdie moeilike tye kan mens aanvaar dat daar wel diegene is wat nie die geld het om onderhoud te betaal nie, of wat net verminderde onderhoud kan betaal. Veral in gevalle waar daar kinders betrokke is, sal ons howe oorweeg of wanbetalers weens minagting van die hof tronk toe moet gaan. "Wag, ek het tog geld."
Ons kyk na twee onlangse sake in die Hooggeregshof. In die eerste geval was daar twee kinders betrokke en onderhoud wat meer as 'n halfmiljoen rand agterstallig was. Die vader beweer dat hy nie kan betaal nie, maar hy verdien wel ‘n goeie salaris en hy het ruim spandeer aan sy BMW en aan sy aanlyn dobbelgewoonte. In die tweede geval was daar ‘n vrou se huishoudelike uitgawes, twee honde en 'n maatskappy wat sou sukkel as gevolg van die pandemie...
|