|
Dit is ‘n risiko wat letterlik al vir eeue bekend is. Drie honde het ‘n man in ‘n openbare pad aangeval en erg beseer. Die slagoffer het ‘n eis van R2,3 miljoen ingestel. Die eienaar van die honde was “skuldloos”, maar die eis staan steeds teen jou as dit jou makgemaakte diere is wat hier ter sprake is. Hierdie “skuldlose” aanspreeklikheid vang baie troeteldier-eienaars onkant. Ons is gewoond daaraan om aanspreeklik gehou te word waar ons opsetlik opgetree het of selfs nalatig opgetree het en daardeur skade vir iemand anders veroorsaak het; maar nie “skuldloos” nie.
Ons kyk na die beperkte verwere wat tot jou beskikking is wanneer jy vir skadevergoeding gedagvaar word. Die eienaar het probeer om die Appèlhof te oortuig dat hy well ‘n verweer het, maar dit het nie gewerk nie. Die uitspraak dien as tydige waarskuwing vir alle honde-eienaars (trouens alle eienaars van makgemaakte diere).
|
|
|
|
Goeie voorbereiding is dikwels die sleutel tot sukses, en die nakoming van POPIA (die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting) is ook geen uitsondering nie.
Moenie mislei word met skrikverhale dat jy dadelik hieraan moet voldoen nie, net omdat POPIA nou van krag is nie. Moet ook nie terugsit en dink dat jy dit eers kan ignoreer, omdat jy tot Junie volgende jaar het om iets daaraan te doen nie.
Dit sal tot voordeel van jou besigheid wees as jy nou reeds stappe neem om te verstaan hoe POPIA jou gaan beïnvloed, en hoe jy gereed kan wees om dit na te kom. Ons deel vier praktiese wenke oor hoe om hiermee te begin ...
|
|
|
|
Dit is dikwels moeilik om agterstallige onderhoud in te vorder. In hierdie moeilike tye kan mens aanvaar dat daar wel diegene is wat nie die geld het om onderhoud te betaal nie, of wat net verminderde onderhoud kan betaal. Veral in gevalle waar daar kinders betrokke is, sal ons howe oorweeg of wanbetalers weens minagting van die hof tronk toe moet gaan. "Wag, ek het tog geld."
Ons kyk na twee onlangse sake in die Hooggeregshof. In die eerste geval was daar twee kinders betrokke en onderhoud wat meer as 'n halfmiljoen rand agterstallig was. Die vader beweer dat hy nie kan betaal nie, maar hy verdien wel ‘n goeie salaris en hy het ruim spandeer aan sy BMW en aan sy aanlyn dobbelgewoonte. In die tweede geval was daar ‘n vrou se huishoudelike uitgawes, twee honde en 'n maatskappy wat sou sukkel as gevolg van die pandemie...
|
|