 |
| Februarie 2025 NUUSBRIEF |
|
'n Komplekse kwessie: Pasop vir boetes as jy nie betyds klaar bou nie.
|
|
|
Jy koop 'n leë erf in 'n sekuriteitslandgoed en baie opgewonde laat jy planne vir jou droomhuis opstel. Totdat die Huiseienaarsvereniging jou skielik met driedubbele heffings aanslaan.
Dit blyk dan dat die vorige eienaar reeds aangemaan was omdat hy nie teen die vasgestelde sperdatum op die erf gebou het nie. Die huiseienaarsvereniging is onsimpatiek teenoor jou pleidooie vir 'n verlenging. Volgens die huiseienaarsvereniging moes jy hierdie tipe probleme voorsien het toe jy jou navorsing oor die erf gedoen het voordat jy gekoop het. Jy moet dit eerder met die verkoper en die agent opneem! Kan dit reg wees? 'n Onlangse hooggeregshofbeslissing bied vir ons die antwoorde ...
|
|
|
|
 |
|
 |
|
 |
|
Het jy 'n tweede testament vir jou oorsese bates nodig?
|
|
Suid-Afrikaners is toenemend internasionaal aktief en verkry ook toenemend buitelandse bates – buitelandse beleggings, bankrekeninge, eiendomme en so aan.
As dit op jou van toepassing is, het jy seker al gewonder of jou plaaslike Suid-Afrikaanse testament voldoende is om al jou bates wêreldwyd te dek, en of dit net op jou plaaslike bates van toepassing moet wees? Selfs al is jou testament ook wêreldwyd van toepassing, moet jy dit in elk geval oorweeg om veelvuldige testamente te hê.
Ons deel 'n paar gedagtes oor wanneer dit 'n goeie idee is om meer as een testament te hê, hoe om dit te reël en hoe dit na jou dood sal werk.
|
|
|
|
|
 |
 |
|
Bekende eetplek oor die kole gehaal vir versteekte dienskoste - en met R1 miljoen beboet.
|
|
Het jy al ooit uitgeëet en eers die “verpligte diensheffing” opgemerk nadat jy die rekening vereffen het? Of is jy dalk onkant gevang deur een of ander versteekte byvoeging tot 'n diensverskaffer se faktuur?
Die goeie nuus vir verbruikers, en die waarskuwing aan diensverskaffers, is dat die Wet op Verbruikersbeskerming ’n lang lys van “verbode gedrag” bestraf. Die Verbruikerswet het die meganisme om sy bevinding af te dwing, met die hulp van die Nasionale Verbruikerstribunaal. Ons sien dit met die geval van ‘n boete van R1 miljoen wat opgelê is aan 'n kitskoskettinggroep wat toevallig spesialiseer in daardie goeie ou Suid-Afrikaanse tradisie – braai!
|
|
|
|
|
 |
 |
|
Werkgewers: Hoe om die betaling van skeidingsvergoeding by aflegging te vermy.
|
|
Aflegging van werknemers is altyd 'n onaangename en ontwrigtende saak vir al die betrokkenes. Dit kan ook ‘n duur proses vir werkgewers wees in die vorm van skeidingsvergoeding.
‘n Werkgewer kan van daardie verpligting vrygestel word as hy/sy alternatiewe werk kan reël vir diegene wat hul werk verloor. In 'n onlangse saak in die Arbeidshof is bevind dat 'n werkgewer nie aanspreeklik gehou kan word vir afleggingsgelde óf ‘n uitbetaling vir ‘n kennisperiode nie. Beide werkgewers en werknemers moet ag slaan op die hof se bevindings – hier kan groot bedrae ter sprake wees.
|
|
|
|
|
 |
 |
|
Begroting 2025: Die Minister van Finansies wil graag van jou hoor!
|
|
"Saam kan die regering en die sakesektor die boodskappe wat die meeste saak maak oordra, die boodskappe is dié van veerkragtigheid, geleenthede en gedeelde welvaart." (Minister van Finansies, Januarie 2025- vertaal.)
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die publiek genooi om hul voorstelle te maak en te deel oor die 2025 begroting wat hy na verwagting op Woensdag 19 Februarie sal lewer.
Gaan na die Nasionale Tesourie se versoek vir begrotingswenke “Budget Tips for the Minister of Finance” bladsy en vul die aanlynvorm in.
|
|
|
 |
 |
|
Ons raak formeel.
|
|
“Obiter dicta”
Ons howe is gebonde aan hul vorige beslissings oor regsake wanneer ander, soortgelyke sake beslis word. Laer howe is gebonde aan die beslissings van hoër howe. Die bevindinge van die hof wat "deurslaggewend is vir die beregting van die saak", is op hierdie manier bindend. Ander stellings in 'n regter se uitspraak wat "in die verbygaan" gemaak word, staan bekend as "obiter dicta" (enkelvoud "obiter dictum"). Dit beteken letterlik "ander dinge wat gesê is". Hierdie stellings het dikwels oorredingskrag, maar dit is nie vanself bindend nie. ’n Ander hof kan ook hiervan verskil. As jy ‘n volgende keer 'n mediaberig lees met die strekking dat "die hof het gesê ...", of "die regter het beslis ...", moenie net aanvaar dat dit nou die finale regsposisie is en dat dit bindend op ander howe gaan wees nie - dit is dikwels die geval, maar nie altyd nie!
|
|
|
 |
| |
|
Uitsluiting
|
|
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.
|
|
|
’n Kliëntskakelingsdiens van
DotNews
|
|
© DotNews. All Rights Reserved.
|
|
|