Die verkoop van eiendom, in besonder jou eie woning, is een van die meer stresvolle ervarings in die lewe. Gaan jy die regte koper kry? Teen die beste prys? Wat as dinge skeef loop?
Dan ontvang jy ‘n aanbod wat aanvaarbaar is, hoewel nie perfek nie. Indien daar byvoorbeeld ‘n verbandklousule in die kontrak is, en die koper se verbandaansoek ‘n maand later afgekeur word, is waardevolle bemarkingstyd daarmee heen. Jy sal nooit weet of jy dalk net-net die “perfekte aanbod” misgeloop het terwyl jou koper besig was om vir die tiende keer bankvorms in te vul en FICA dokumente in te dien nie.
Ontspan en haal diep asem: daar is ‘n oplossing – die “72-uur klousule” wat dikwels in standaard koopooreenkomste voorkom. Ons bespreek die betekenis van hierdie klousule, hoe dit werk, wanneer jy dit nodig mag kry, en wat so ‘n klousule altyd moet bevat. Ons gee ook ‘n bietjie raad aan eiendomskopers.
|