|
Wat gebeur in die geval waar ‘n maatskappy se direksie ‘n dooiepunt bereik het, soveel so dat die direkteure nie meer kan saamstem oor die besluite wat noodsaaklik vir die behoorlike bestuur van die maatskappy en sy besigheid is nie?
Indien alle ander pogings tot ‘n oplossing misluk het (en hierdie is gewoonlik die heel laaste oorweging), is die gepaste opsie dalk om die maatskappy te likwideer en dit in die hande van onafhanklike likwidateurs te plaas.
‘n Voorbeeld hiervan is die hartseer verhaal wat onlangs in die Hooggeregshof ontvou het. ‘n Suksesvolle en winsgewende eiendomsontwikkelingsmaatskappy is deur die onderlinge bakleiery tussen familielede tot dooiepunt en daarna tot in die Hooggeregshof gedryf. Ons bespreek die Hof se uitspraak, die redes daarvoor en die drie gronde waarop ‘n Hof ‘n solvente maatskappy kan likwideer.
|
|
|
|
“Onbillike diskriminasie” in die werksplek is nie net onregmatig nie, dit word ook ernstig deur ons howe gestraf. Daarom is dit noodsaaklik om te kan bepaal wanneer dit onbillike diskriminasie, en wanneer dit regmatige differensiasie (onderskeid) behels.
Meeste werkgewers en werknemers is bewus van die beginsel in ons arbeidswetgewing van “gelyke betaling vir gelyke werk”. Daar is wel baie onsekerheid oor die omvang daarvan, en ook oor wanneer ‘n werkgewer op ‘n billike en regmatige wyse onderskeid kan tref tussen werknemers wat dieselfde pligte uitvoer en/of werk van gelyke waarde verrig.
Ons kan duidelikheid hieroor verkry na aanleiding van ‘n onlangse uitspraak van die Arbeidshof. Hier het twee toesighoudende ouditeure in dieselfde kasino gewerk. Hul ongelyke vergoedingspakette het daartoe gelei dat klagtes van onbillike diskriminasie op gronde van beide ras en geslag teen die kasino ingebring is.
|
|
|
|
Wanneer ‘n maatskappy in besigheidredding geplaas word, trek skuldeisers dikwels aan die kortste ent. Indien jy as skuldeiser jou posisie verseker het deur middel van persoonlike borgskappe van daardie individue wat oor bates beskik (normaalweg die direkteure van die skuldenaar-maatskappy), sal jy so spoedig moontlik op daardie borgskappe wil steun ten einde jou verliese te verhaal of te verminder.
Wat gebeur wanneer jy instem tot ‘n besigheidsreddingsplan waarvolgens die maatskappy (jou skuldenaar) se skulde aan jou uitgewis word? Beteken dit dat die borg se persoonlike aanspreeklikheid teenoor jou ook uitgewis word?
Ons kyk na die lesse wat beide skuldeisers en skuldenaars kan leer uit ‘n onlangse saak waar twee borge probeer het om ‘n R5.5 miljoen eis in die Hooggeregshof met hierdie einste argument te ontduik ...
|
|