Die onlangse uitspraak van die Hoë Hof in Pretoria het tot die redding gekom van eiendomskopers van wie voorheen verwag is om die vorige eienaar se agterstallige munisipale skulde te delg.
Wanneer jy ‘n eiendom koop, het jy ‘n munisipale uitklaringsertifikaat nodig om die eiendom in die aktekantoor oor te dra. Hierdie uitklaringsertifikaat word slegs deur die munisipaliteit uitgereik, indien alle belasting, water en elektriese rekeninge vir die voorafgaande twee jaar voor oordrag, ten volle vereffen is.
|