Oorweeg jy dit om eiendom aan te koop? Met die pandemie wat eiendomspryse sowel as rentekoerse afbring, is dit nou die ideale tyd hiervoor.

Aan die ander kant sal eienaars en eiendomsagente bedag wees op die eerste tekens van herstel in die eiendomsmark. Hou in gedagte dat slegs agente in besit van ’n geldige en huidige getrouheidsfondssertifikaat geregtig is op kommissie.

Wat gebeur in die geval waar ’n agent alles doen wat nodig is om vir ‘n sertifikaat aansoek te doen, maar as gevolg van ’n fout aan die kant van die owerheid wat dit moet uitreik, dit nie kry nie? ’n Onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl bied die antwoord op hierdie vraag ...
 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
August 2020 NUUSBRIEF
Eiendom: ’n Nuwe begin, Agentekommissie en Getrouheidsfondssertifikate
Oorweeg jy dit om eiendom aan te koop? Met die pandemie wat eiendomspryse sowel as rentekoerse afbring, is dit nou die ideale tyd hiervoor.

Aan die ander kant sal eienaars en eiendomsagente bedag wees op die eerste tekens van herstel in die eiendomsmark. Hou in gedagte dat slegs agente in besit van ’n geldige en huidige getrouheidsfondssertifikaat geregtig is op kommissie.

Wat gebeur in die geval waar ’n agent alles doen wat nodig is om vir ‘n sertifikaat aansoek te doen, maar as gevolg van ’n fout aan die kant van die owerheid wat dit moet uitreik, dit nie kry nie? ’n Onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl bied die antwoord op hierdie vraag ...
lees meer


Die Pandemie en Dekking vir Sake-onderbreking – Kan jy Eis?
ArticleImage Is jou sakeonderneming een van vele wat sy deure moes sluit as gevolg van die inperking? Of gaan julle aan met sake in hierdie uitdagende tye? Dan het julle  waarskynlik reeds jou besigheid se versekeringspolisse nagegaan vir ’n klousule wat dekking bied in die geval van “aanmeldbare siektes” (of soortgelyke klousules). Indien jy wel dekking hiervoor het, maar jou versekeraars verwerp jou eis vir verliese, moet jy  wonder of die onlangse uitspraak van die Hooggeregshof dalk tot jou redding kan kom.  Die Hof het in hierdie hoë-profiel saak in ’n restaurant se guns beslis.

Ons oorweeg hierdie uitspraak en fokus in besonder op twee aspekte wat jy moet kan bewys vir jou eis om geldig te wees. Ons deel ook ’n paar gedagtes rondom die belangrikheid van die bewoording van jou betrokke polis. Laastens kyk ons na die owerheid wat hierdie situasie moet hanteer as jy vasbrand.
   
lees meer
Boetes vir Erkenning van Skuld gedurende die Inperking – Die Risiko van ’n Kriminele Rekord
ArticleImage Verskeie wette en regulasies is met die inperking afgekondig. Dit is maklik om te oortree en daar is streng toepassing en stewige boetes vir oortredings.

Indien iemand hiervan aangekla word sal daar waarskynlik geleentheid wees om ‘n erkenning van skuld boete te betaal. Wees versigtig voordat jy dit doen. Dit is dikwels die maklikste opsie om ‘n onaangename situasie te hanteer, maar dit kan tot gevolg hê dat jy ‘n kriminele rekord verkry.

Dit is natuurlik die laaste ding wat jy wil hê. Ons kyk waarom en wanneer jy op risiko sal wees; ons kyk ook na hoe ‘n mens ‘n kriminele rekord kan probeer aanspreek, indien jy een het.
   
lees meer
Insakking van eiendom: Nuwe wetgewing, streng aanspreeklikheid en Ubuntu
ArticleImage Die insakking van ’n eiendom is elke huiseienaar se nagmerrie. Dalk het jy met ’n skok opgemerk dat daardie krake in die sitkamermuur al hoe wyer word. Of dalk toon jou swembad tekens van beweging en lekkasies. Skielik vrees jy dat die integriteit  en betroubaarheid van jou huis en jou eiendom jou in die steek gaan laat.

Jou buurman, wat vlytig besig is met opgrawings vir ’n nuwe huis, motorhuis of swembad, kan of wil nie aandag aan jou bekommernisse gee nie. “Dit is jou probleem”, sê hy, “Ek bou streng volgens plan.”

Wat is die regsposisie? Wat kan jy doen om jou eiendom en jou huis te beskerm, of om jou verliese te verhaal waar die skade reeds aangerig is? Ons bespreek hierdie vrae aan die hand van ’n “baanbrekers” uitspraak van die Hoogste hof van Appèl.
   
lees meer
Webwerf van die Maand: Hoe om ‘n Fluitjieblaser kultuur in die werkplek aan te moedig.
ArticleImage Die inperking en die gepaardgaande negatiewe invloed op besighede bring ook ‘n risiko van onwettige optrede en verlies. 

Daar bestaan ook ‘n groeiende noodsaak om jou teen hierdie risiko’s te beskerm. Ons verwys julle gevolglik na gepaste bronne wat (a) aandui waarom besighede ‘n kultuur van aanmeldings (fluitjieblasers) in die werkplek moet aanmoedig en (b) hoe om dit te bewerkstellig.

Ons verskaf ook skakels na webwerwe van twee platforms waarop aanmeldings effektief en anoniem rapporteer kan word.
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews